Senwes Scenario Junie / Julie 2015 | Page 53

••• N UUS SENWES SE “LEGAL EAGLE” HAAL DIE AFRIKA TOP 100 KORPORATIEWE REGSADVISEURS! GROEP MAATSKAPPYSEKRETARIS EN HOOF REGSADVISEUR, ELMARIE JOYNT, IS AANGEWYS AS EEN VAN DIE TOP 100 KORPORATIEWE REGSADVISEURS OP DIE VASTELAND VAN AFRIKA! H ierdie toekenning is aan Joynt gemaak deur Legal 500, ‘n organisasie wat vir die afgelope 27 jaar die vaardigheid van regsfirmas regoor die wêreld evalueer. Wat hierdie prestasies selfs meer spesiaal maak is dat Legal 500 die top 100 regsadviseurs alfabeties lys, wat beteken almal is op gelyke vlak. Volgens die Legal 500 webblad het hulle die menings en opinies van hul 2,5 miljoen in-huis lesers en vennote by prokureursfirmas in Afrika gekry om hierdie lys met die top 100 industrieleiers saam te stel wat die dryfkrag agter die professie is. Die top 100 regsadviseurs word gekies deur gebruik te maak van ‘n reeks kriteria. Eenvoudig gestel word die praktykspanne uit verskillende spesialisareas, wat die mees gevorderde en innoverende bydraes tot korporatiewe regsadvies maak, deur Legal 500 geïdentifiseer. Legal 500 se navorsing is gebaseer op die se terugvoering van 250 000 kliënte wêreldwyd, voorleggings van regsfirmas, onderhoude met vooraanstaande praktykprokureurs en ‘n span navorsers met ongeëwenaarde ervaring in die regsbedryf. Na 13 jaar by Senwes en ‘n voormalige Departement Landbou ekonoom en kommersiële prokureur, beskik Elmarie oor uitsonderlike bedryfservaring. Sy het reeds baie lof ontvang vir haar prestasie gedurende haar termyn by die maatskappy, waaronder meer onlangs vir haar bydrae tot korporatiewe