Senwes Scenario Junie / Julie 2015 | Page 49

R UB R IE K ••• Hoe maak ek my JAGGEWEER MEER AKKURAAT DEEL 3 ONS IS BESIG OM TE KYK NA DIE LAASTE B IN DIE AKKURAATHEIDS KETTING NL BULLETS (PATROON PUNTE). O ns is baie gelukkig in ons land dat ons toegang het tot baie goeie jagpunte asook skyfskiet punte.Ons moet nooit die twee verwar nie. Kom ons kyk na jagpunte. Bekende name sluit in Nosler, Sierra, Hornady, Barnes en verskeie monolitiese punte.Wat onderskei n goeie jagpunt.Jagpunte is so saamgestel dat hulle maksimum slaankrag en penetrasie moet kry met baie min vleisskade. Monoliete word gemasjineer uit solide geel koper of rooi koper. Hulle gewig retensie is gewoonlik baie hoog nadat die punt uit die bok herwin is, daarom word hulle al gewilder vir jag. Daar is geen stukkies van die punt wat verbrokkel of afbreek met impak nie, dus baie mind \