•••
D RUPP E LS OP DI E DA K
asook die suksesvolle vestiging
van die wintergrane. Die
Westelike gedeelte van die
tradisionele Senwes gebied
het baie min reën vir die
twee maande ontvang. Die
betrokke gebied was tot ‘n
paar jaar gelede ‘n belangrike
wintergraan produksie gebied.
42
Tensy dit gedurende Mei
vanjaar nie goed reën nie,
wat onwaarskynlik is, is die
kanse vir suksesvolle droëland
koringproduksie in die gebied
gering. Koringproduksie het
die afgelope paar seisoene
drasties hier afgeneem weens
die uiters lae reënval gedurende
June/July 2015 • SENWES Scenario
die herfs en vroeë lente.
Verandering in die
reënvalbenutting oor tyd in
die geval van mielieproduksie.
Dit is baie insiggewend om
te sien hoe die benutting van
die reënval oor tyd in die
geval van mielieproduksie
verander het. Onderstaande
grafiek dui die verandering in
die reënvalbenutting aan. Die
NOK opbrengsdata vir SuidAfrika as geheel is gebruik en
die reënval van 26 Weerburo
reënvalstasies wat verspreid
in die hoof mielieproduksie
gebied voorkom. Vanaf
die begin dertiger jare was
daar maar net ongeveer een
kilogram mielies geproduseer
vir elke millimeter reën
wat gedurende die seisoen
geval het. Die produksie
per millimeter reënval het
stelselmatig toegeneem soos
die toepassing meganisering
wat vogbewaring moontlik
gemaak het, asook chemiese
bemesting en chemiese
onkruid en plaagbeheer.
Bastermielies en later die
toepassing van biotegnologie
het verder daartoe bygedra dat
die benutting van die reënval
verhoog kon word. Presisie
boerdery tegnieke gerugsteun
deur sateliettegnologie is nog
‘n onlangse byvoeging tot
tegnologiese hulpmiddels om
reënval benutting te verbeter.
In die samestelling van
die grafiek is daar nie ‘n
onderskeid tussen droëland en
besproeiingsmielies gemaak
nie. Ons weet dat besproeiingsmielies tot 15 kilogram mielies
kan produseer per millimeter
besproeiingswater wat toe
gedien is en die reënval wat
geval het. Die tergende vraag
is of die wetenskap en die