•••
•••
R UB R IE K
Enige lasbriewe, dagvaardigings en ander ter
saaklike dokumente moet onmiddellik aan die
Versekeraar beskikbaar gestel en bystand verleen
word ten einde die eis te skik of te betwis.
GEEN ERKENNING
Alhoewel jy so skuldig soos daglig is,
mag jy as Versekerde géén erkenning van
aanspreeklikheid teenoor ‘n Derde Party maak
nie. Daar mag ook geen skikking of betalings
aan die Derde Party gemaak word sonder
die toestemming van die Versekeraar nie.
VERJARING
‘n Eis verjaar na 24 (vier en twintig) maande en
sal die Versekeraar geen verdere aanspreeklikheid
aanvaar indien die nodige bewyse, bv. kwotasies,
nie dan reeds ontvang is nie. Eise onder die
volgende Afdelings is egter hiervan uitgesluit:
Sake Onderbreking Eerliksheidswaarborg
1. Persoonlike Ongevalle
2. Eise wat die onderwerp van ‘n hangende
hofgeding asook eise ten opsigte van jou
as Versekerde se aanspreeklikheid teenoor
‘n Derde Party, is ook hiervan uitgesluit.
Indien ‘n Versekeraar aanspreeklikheid ten opsigte
van enige eis skriftelik ontken (repudieer of van
die hand wys) het jy ‘n periode van ses (6) maande
om skriftelik of by wyse van ‘n dagvaardiging
die afwysing teen te staan of te bevraagteken.
BEPERKING VAN AANSPREEKLIKHEID
Jy kan nie teen meer as een Afdeling van die
polis ‘n eis indien ten opsigte van dieselfde
aanspreeklikheid, verlies of skade nie, met ander
woorde ‘n aanspreeklikheidseis ten opsigte
van ‘n motorongeluk kan nie ingedien word
onder die Motor Afdeling sowel as Afdeling
Persoonlike Regsaanspreeklikheid nie.
Uit voorgemelde is dit dus duidelik dat daar op
ons as Versekerdes ‘n groot verantwoordelikheid
rus om eise glad en vinnig afgehandel te kry.
In die volgende artikel gee ons aandag aan die
laaste paar Algemene Voorwaardes waaronder
Bedrog en Eerste Bedrag Betaal (bybetaling).
Vir die doel van hierdie reeks artikels is die
Santam Agri-polis as basis gebruik. Voorwaardes
mag verskil van versekeraar tot versekeraar.
38
Navrae kan gerig word aan die outeur
by 018-633 1213 of willie.louw@certisure.
co.za of u naaste Certisure Makelaar.
June/July 2015 • SENWES Scenario
38
June/July 2015 • SENWES Scenario