Senwes Scenario Junie / Julie 2015 | Page 4

••• REDA K TE U R SBR I EF DIE TOEKOMS IS OP ONS – IN MEER AS EEN OPSIG D ie landbousektor was aan die gons met vanjaar se Graan SA Nampo Oesdag. Enigeen met ‘n passie vir landbou, het hul weg gebaan na Nampo, net buite Bothaville, wat weereens deur tienduisende entoesiaste bygewoon is. Die reuk van plaas, implemente, boerdery, khaki-klere en boere wat beplan was in die lug. Nampo het vanjaar geskiedenis gemaak toe die Minister van Landbou, Senzeni Zokwana, die eerste dag die skou besoek het. Zokwana het ook deelgeneem aan die lewendige opname van Nasie in Gesprek, waar arbeidsverhoudinge in landbou bespreek is. Die Minister se teenwoordigheid kan beskou word as ‘n positiewe stap in die regering se pogings om werkbare oplossings, waarby die landbougemeenskap betrek word, vir die uitdagings in SuidAfrika se landbousektor te kry. In hierdie uitgawe van Scenario gee ons ‘n oorsig van die besprekings. Hierdie besprekings word gedurende die volgende paar maande op nasionale TV uitgesaai. Besoek www.nasieingesprek. co.za vir die uitsaaitye. Ons kyk ook na die impak van tegnologie op boerdery en watter tegnologiese ontwikkelinge op ons wag. Senwes se Groep Uitvoerende Bestuurder, Innovasie en Geïntegreerde Oplossings, Martin van Zyl, praat oor sy nuwe rol wat sal verseker dat 2 produsente by nuwe tegnologie en databestuurstelsels sal baat vind. Met die wêreld wat konstant meer toeganklik word, was dit geen verrassing om verskeie internasionale agri-rolspelers by Nampo te sien nie. Dit word al hoe belangriker om te weet waarmee jou mede-landbouers in ander gebiede besig is – ons leef in ‘n era waar die uitruil van die jongste tendense en tegnieke slegs ‘n kliek op internet ver is. Maar, waarom nie eerstehands ervaring opdoen oor hoe dit in Argentinië gedoen word nie? Sluit aan by Senwes se heel eerste opvoedkundige toer, waartydens Argentinië se Zona Nucleo, bekend as een van die vrugbaarste gebiede in die wêreld, besoek sal word! Ons gesels ook met Ashley Whitfield, ‘n produsent wat voluit en vooruit boer. Vind uit hoekom Senwes Korporatief se wetlike sake in die beste hande is; loer na Senwes se nuwe bestuurstruktuur; kyk waarmee die jongboere hulself besig hou en ontmoet die ongeslypte diamant wat by Senwes se korporatiewe sosiale investering in Bothaville ontdek is. Geniet hierdie, en nog vele meer, met inbegrip van ons gereelde bydraes, in hierdie uitgawe van Scenario. Ons sê ook totsiens aan die voormalige redakteur van Scenario, Nicolize van der Walt, wat aanbeweeg het na ‘n nuwe beroepskeuse. Baie dankie vir jou bydrae, Nicolize. Ons wens jou alles van die beste toe vir die nuwe avontuur wat op jou wag. Marlon Abrahams REDAKTEUR June/July 2015 • SENWES Scenario hoofredakteur Marlon Abrahams Tel: 018 464 7349 [email protected] advertensies Mariette Hugo Tel: 018 464 7505 [email protected] ontwerp en uitleg Jakolien Strydom Tel: 018 464 7483 [email protected] medewerkers Thys Grobbelaar, Johan du Toit, Ds Jackie van Zyl, Nicolize vd Walt, Willie Louw, Jenny Matthews, ds Willie Botha, Marlon Abrahams, Johan le Grange, Gerrit Oosthuizen, George le Roux, Petrus van Staden, Danie Minnaar, Susari Geldenhuys, Annatjie Liebenberg en Milanie Vosloo. subskripsie Marie Erasmus Tel: 018 464 7568 Faks: 018 464 7772 marie.er