R UB R IE K
SLAGGATE
•••
WILLIE LOUW
IN KORTTERMYNVERSEKERING
IN DIE VORIGE VIER UITGAWES IS INDRINGEND
AANDAG GEGEE AAN DAARDIE ALGEMENE
VOORWAARDES WAT ‘N WESENTLIKE INVLOED OP
DIE HANTERING VAN ‘N EIS VAN ‘N VERSEKERDE
KAN HÊ EN DIE HANTERING DAARVAN DEUR ‘N
VERSEKERAAR.
A
spekte wat reeds
aangespreek is, is o.a.
• Versekerbare Belang
• Direkte Oorsaak
• Beginsel van Goeie Trou
• Kennisgewing van
Verandering
• Voorkoming van Verlies
• Ander Versekering
(Dubbele Versekering)
• Awery of
Onderversekering
Vervolgens kyk ons na die
Algemene Voorwaarde
betreffende eise prosedures
en vereistes.
EISE
Dit is seker dié Algemene
Voorwaarde wat aanleiding gee
tot die meeste geskille tussen ‘n
Versekerde en sy Versekeraar.
Daar is heelwat voorskrifte
aangaande die indiening van
eise. Ons gaan egter slegs ‘n
paar daarvan aanspreek:
KENNISGEWING
Versekeraars se bewoording
verskil, maar is die algemene
beginsel dat die eis so spoedig
moontlik (binne 30 dae)
skriftelik by die Maatskappy
aangemeld moet word. (Die
Makelaar word vir hierdie
doeleindes geag die Maatskappy
of Versekeraar te wees). Let
daarop dat alle onkoste Y]YB