Senwes Scenario Junie / Julie 2015 | Page 37

R UB R IE K “ OP ‘N STADIUM VAN BEIDE SONNEBLOM EN SOJABONE INGEVOER MOET WORD OM AAN DIE PLAASLIKE VRAAG TE VOORSIEN. vooraf bepaalde aantal lande wat enigiets van 100 tot 250 lande in die somerproduksie gebied kan wees. Volgens berekening is daar ongeveer 44,000 mielielande in die somerproduksie gebied van Suid Afrika. Om met ‘n monster van 200 lande ‘n akkurate oesskatting te doen is onwaarskynlik. Groot onsekerheid word veral in die geval van witmielies beleef. Die situasie soos geskets speel waarskynlik ‘n rol dat die witmielieprys tans redelik sterk is. Onsekerheid oor die finale mielie-oes dra by tot die prys ondersteuning. ” Oliesade: Die sojaboon oes het veral swaar gekry as gevolg van die droogtestremming. Suboptimale opbrengste word veral in die Noord-Vrystaat gerapporteer. Daarenteen het sonneblom oor die algemeen goed presteer nieteenstaande die droogte. Volgens die mees onlangse vraag en aanbod verslag van die Nasionale bemarkingsraad sal daar op ‘n stadium van beide sonneblom en sojabone ingevoer moet word om aan die plaaslike vraag te voorsien. Indien ons na die kontantprys beweging van ••• sonneblom kyk, blyk die situasie soos in meegaande grafiek uitgebeeld. Die normale stroop-drukte het weer voorgekom. Die prys het ook met meer as R400 per ton sedert begin Februarie gedaal. Die drastiese daling teen die einde van Maart is weens die feit dat die Maart kontrak verstryk het en die April kontantprys aansienlik laer as die Maart prys was. Dit blyk of die prys redelik sywaarts beweeg soos in die geval van mielies. Die ope vraag is, gaan ons weer ‘n redelike styging na Desember beleef. Die internasionale sojaboonprys is wel onder druk weens groot oordrag voorrade. Ons verwag wel ’n redelike prys ondersteuning na die einde van die bemarkingsjaar. SENWES Scenario • June/July 2015 35