Senwes Scenario Junie / Julie 2015 | Page 36

••• RUBR I E K Plaaslik: Mielies: Die Suid-Afrikaanse witmielieprys het ook sedert Julie verlede jaar redelik sywaarts beweeg as gevolg van aanduidings dat ons met ‘n groot oordrag voorraad gaan sit teen die einde van die bemarkingsjaar. Daar was dus geen dringende behoefte om die eienaar van witmielies te wees nie. Teen die einde van Januarie 2015 het die mark besef dat ‘n ernstige droogte besig is om te ontwikkel en het die prys drasties begin styg, teen die normale prysverloop. Redelike goeie reënval is gedurende Maart 2015 gemeet en het die mark weer ontspan. Die oesvooruitsigte vir wit- en geelmielies het heelwat verbeter. Die witmielieprys beweeg sedert begin April teen die verwagting redelik sywaarts. 34 Tot en met die skryf van die artikel was daar nog nie die sogenaamde stroopdrukte ervaar nie. In die verlede het ons wel ondersteuning van die Amerikaanse mielieprys gehad omdat hulle mielieprys op hierdie stadium gewoonlik styg, soos reeds bespreek. Nieteenstaande die daling in die Amerikaanse mielieprys en die stroopproses wat begin in Suid-Afrika is die witmielieprys steeds sogenaamd sterk. June/July 2015 • SENWES Scenario Produsente wat begin stroop het, realiseer veral in die Westelike produksie gebied absoluut variërende opbrengste. Mielies wat in ‘n oorlê stelsel geplant was, realiseer nog skaflike opbrengste, maar jaarop-jaar lande presteer meesal teleurstellend. Wat redelik algemeen ervaar word, is dat jonger mielies soos uitgebeeld in onderstaande foto van die pad af nie te sleg vertoon nie. Mieliekoppe is wel van die pad af sigbaar, maar indien daar in die land in gestap word en ondersoek gedoen word na die stand van die bestuiwing en kopvulling is produsente baie keer geskok. Die koppe wat in die land versamel is, is ontblaar en die stand van bestuiwing en kopvulling is in die volgende foto sigbaar. In hierdie geval is die bestuiwing en kopvulling uiters swak en word ‘n uiters swak opbrengs verwag. Verskeie graanhandelaars doen opbrengsskattings op ‘n