Senwes Scenario Junie / Julie 2015 | Page 27

N UUS ••• HOËRSKOOL WESVALIA LEER DIE GRAANHANTERINGSPROSES GRAAD 11 LANDBOU-LEERLINGE VAN HOËRSKOOL WESVAILA HET GEDURENDE APRIL BIETJIE SAAM SENWES GEKUIER WAAR HULLE ALLES WAT DAAR TE WETE IS OOR DIE BERGING, HANTERING EN STORING VAN GRAAN EERSTEHANDS VAN KENNERS IN DIE BEDRYF KON HOOR. JOHAN LE GRANGE G raham Lottering (Bestuurder: Bedryf, Grainlink) het tydens die leerlinge se besoek aan Senwes Hoofkantoor hulle verwelkom en meer vertel oor waar Senwes in Suid-Afrika se agri-mark in pas. Hy het ook meer uitgebrei oor Senwes Grainlink se kapasiteit, hoeveel silo’s, hoeveel graan verhandel kan word, wat die sleutelprosesse is wanneer ‘n boer sy graan silo’s toe bring en hoe Senwes investeer om die ervaring en hanteringsproses so glad en professioneel moontlik te maak. Okker Botha (Opleidingsbeampte, Grainlink) het vir die leerlinge formeel klas gegee waar die graanhanteringsproses breedvoering behandel en bespreek is. Die jongspan het ook tyd spandeer in Senwes se laboratorium waar hul met die verskillende kommoditeite kennis gemaak het en Thabang Ramogodi (Bestuurder: Laboratorium) hul meer geleer het oor graangradering. Daarna is het hulle besoek aan Senwes se Viljoenskroon silo afgelê om die hele proses, vanaf die monsterneming tot waar die graan in die silo is, te sien. SENWES Scenario • June/July 2015 25