Senwes Scenario February / March 2017 | Page 30

••••
PROMOSIE-ARTIKEL

BELANGRIKHEID VAN

Finansiële beplanning

28
WEG IS DIE DAE WAT DIT NIE MEER NOODSAAKLIK IS OM VIR ELKE KLIËNT ’ N BEHOORLIKE EN VOLLE- DIGE FINANSIËLE ONTLE- DING TE DOEN NIE . NIE EEN KLIËNT SE OMSTAN- DIGHEDE IS DIESELFDE NIE EN KAN DAAR NIE VAN ’ N BEGINSEL UITGEGAAN WORD DAT EEN PLAN ALMAL SAL PAS NIE .
LUCAS COETSEE LIBERTY REGSPESIALIS

Wat dit nog verder ingewikkeld maak is dat kliënte kort- en langtermyndoelwitte het wat op ’ n gereelde basis hersien moet word .

Finansiële beplanning bestaan uit verskillende komponente en weens die feit dat dit aanmekaar gekoppel is , maak dit uiters moeilik om al die behoeftes van ’ n kliënt in een ontleding saam te vat . Belasting , aftrede en boedelbeplanning is maar net ’ n paar van die komponente wat deel vorm van die finansiële beplanning en is dit ongelukkig so dat ’ n spesialis daar-
FEB / MAR 2017 • SENWES Scenario
oor geraadpleeg moet word .
Alvorens ’ n ontleding saamgestel kan word , is dit belangrik dat eerder te veel as te min inligting van die kliënt verkry word . Sonder voldoende inligting kan aanbevelings gegee word wat die kliënt op die verkeerde pad kan neem met die gevolg dat doelwitte nie bereik kan word .
Verandering in wetgewing of enige verandering in omstandighede van ’ n kliënt , beteken dat die ontleding onmiddellik hersien moet word . Dit is maar ongelukkig ’ n feit dat ons so betrokke raak met ons daaglikse werk dat ons nie genoegsame tyd opsy sit vir enige finansiële ontleding nie .
Kapitaalwinsbelasting word ’ n al hoe groter probleem soos die markwaardes groei van bates wat onderhewig is aan die spesifieke belasting . Dit is nou 16 jaar later sedert die inwerkingtreding van kapitaalwinsbelasting en het dit ’ n groot effek op die likiditeit wat beskikbaar is in ’ n boedel . Die insluitingskoers vir ’ n individu is juis vir die 2017-belastingjaar van 33.3 % verhoog na 40 % wat die likiditeit verder onder druk plaas .
Die likiditeit in ’ n boedel word deur ander faktore ook beïnvloed , soos byvoorbeeld krediteure , onderhoudseise en administrasiekostes wat insluit die eksekuteursfooie , transportkoste met die oordrag van ’ n vaste eiendom , meestersgelde en advertensiekoste . Die gevaar met al die kostes is dat wanneer dit bymekaar getel word die gevolg is dat die boedel nie oor genoegsame fondse beskik om te verseker dat bates in die naam van erfgename oorgedra kan word nie .
Verkeerde strukturering van polisse wat gesedeer word vir skuld waar dit oorspronklik ’ n ander doel gedien het , kan ook tot katastrofiese gevolge lei . Hier is dit ’ n jammerte dat die meerderheid van kliënte onder die indruk is dat ’ n lewenspolis wat aan ’ n persoon buite die boedel begunstig is , nie onderhewig is aan die betaling van boedelbelasting nie . Meer hieroor in artikels later in die jaar .
Die tydperk vir die afhandeling van bestorwe boedels neem ook deesdae al hoe langer wat vermy kan word as ’ n kliënt sy testament op ’ n gereelde basis hersien . Die testament vorm deel van die finansiële ontleding en maak seker dat al die doelwitte behoorlik daarin aangespreek is .
Met die wete dat verskeie komponente van finansiële beplanning met mekaar gekoppel is , word voorgestel dat kliënte tyd opsy sit en ’ n spesialis raadpleeg vir die uiterste belangrike beplanning .
Vir enige navrae kontak gerus u naaste Certisure makelaar .