INNOVASIE
Dit is duidelik uit die uiteensetting op
die vorige bladsy dat maatskappye soos
Apple, Amazon en Microsoft tradisionele
toonaangewende maatskappye wat fisiese
dinge bou, uitgeskuif het.
Tegnologie gebruik konnektiwiteit,
netwerkeffekte, nagebootste intelligensie
en ongekende skaal om globale platforms
te skep waarmee dit amper onmoontlik is
om te kompeteer.
VERSNELDE TEGNOLOGIESE
VORDERING
Wanneer dit by tegnologiese vordering
kom, is die tempo van verandering besig
om meer en meer te versnel. Elke jaar
bring meer omvattende nuwe tegnolo
giese vordering as die vorige jaar en
sodra die eksponensiële “hokkiestok”
inskop, sal innovering teen ’n ongelooflik
pas versnel.
9
SENWES SCENARIO | KOPSKUIF 2019
07