Senwes Scenario Februarie / Maart 2019 | Page 8

Tema: Kopskuif INNOVASIE DIE SKUIF NA LANDBOUTEGNOLOGIE Produsente sal ’n kopskuif moet maak ten opsigte van hul boerderybesigheid met uitdagings wat al hoe meer word en nuwe tegnologiese ontwikkelings tot hul voordeel benut ten einde boerderyaktitwiteite te optimaliseer.  Deur Martin van Zyl Senwes Groepbestuurder: Innovasie en Geïntegreerde oplossings D ie wêreld se toonaangewende maatskappye was indus- trie-gefokus vir die grootste gedeelte van die geskiedenis van besigheid. Pioniers soos Henry Ford en Thomas Edison was innove­ rend op die gebied van atome - hulle het nuwe maniere gevind waarop hierdie atome gereorganiseer kan word om byvoorbeeld monteerbane en die gloeilamp te ontwikkel en te bou. Maatskappye het toe geweldige bedrae belê in die bou van fabrieke en duisende rande aan werkers betaal om dit te bou. Die meerderheid van die toon­aan­ gewende maatskappy het op hier­die manier tot stand gekom: IBM, U.S. Steel, General Electric, Walmart en Ford is maar ’n paar voorbeelde. Vandag se besigheidsrealiteit is egter baie anders. Ons leef in ’n wêreld van bytes – en vir die eerste keer het tegnologie en besigheid bymekaar uitgekom op ’n wyse waarop data baie meer waardevol is as fisiese, tasbare voorwerpe. Die duidelikse wyse waarop dit geïllu­ streer kan word, is die manier waarop die mark besigheid aanslaan. TOP 5 PUBLICLY TRADED COMPANIES (BY MARKET CAP) Tegno Ander 2013 $416B $404B $257B $255B $246B $851B $717B $703B $701B $508B 2018 06 SENWES SCENARIO | KOPSKUIF 2019