Senwes Scenario Februarie / Maart 2019 | Page 38

RUBRIEK | COLUMN GARDENING | TUIN Wenke vir warm tye Kos vir die siel Ons oë is die lense van ons siel: Milanie Vosloo Lense met filters wat ons die lewe op ’n sekere manier laat sien... O ns het elkeen ’n storie: ’n Unieke verhaal wat ons gevorm het en ons oë met spatsels kleur geverf het sodat ons op ’n bepaalde manier na die wêreld kyk. Die vraag is: Hoe lyk die lense van mý oë? Het pyn, teleurstelling en teenslae die filters van my siel donker gekleur, sodat ek oor die algemeen grys geverfde prentjies sien? Of kan ek – ondanks alles – dit tog regkry om meer dikwels die helder kleure van die lewe raak te sien? Sien ek nog hoop ten spyte van ashope, oggendlag na die donker nag, die goedheid in ander ondanks hul swakheid? Geloof kleur ons wêreld ánders. Dit help ons om brutaal eerlik te wees met die werklikheid, maar daarmee saam onwrikbaar te glo dat dinge sal uitwerk soos dit moet, mense kan veran­ der, dat môre beter kan wees. Dit maak van ’n dit-ís-situasie ’n dit-kán-moontlikheid. En omdat ek dan die onbeperkte moont- likhede van my Vader sien, hoop ek anders, sien ek mense anders en leef ek anders. Miskien kan ek en jy meer gereeld die Gees vra om ons eie lense skoon te maak sodat ons dit-kán-moontlikhede raak kan sien? Dalk: Voel ons eie harte dan ligter – al verander ons omstan- dighede nie; Sien ons die goeie in ander raak – al maak hulle ook droog; Hoor ons die liefde – ten spyte van dinge wat ons kwaad maak; Weet ons intuïtief dat God by ons is: môre ook sal wees. Kom ons bid: Verwyder die skadu’s oor my siel sodat ek met lig-wees-filters sal kyk. Met nuwe hoop sal glo. Met groter ver- wagting sal leef. Met oorgawe sal liefhê. Ja, maak my oë weer oop... vir al die goed wat U gee. Vir Wie U ís. Wen met Senwes en Cum Uitgewers Hoop wat kaalvoet loop is in Augustus 2016 uitgereik en is teen R179.95 op die rakke. Een gelukkige leser kan ’n kopie wen van Hoop wat kaalvoet loop, 101 dagstukke vol hoop en inspirasie wat jou siel sal verkwik. SMS Senwes, Cum, jou naam, telefoonnommer en e-posadres na 31022 voor 31 Maart 2019. Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van Senwes mag deel­neem nie. Vir die volledige kompe­tisiereëls, besoek die webtuiste www.senwes.co.za. 36 SENWES SCENARIO | KOPSKUIF 2019 Deur Johan (Dons) Jordaan Groep Bemarkingsbestuurder, Bastion F ebruarie is gewoonlik ’n baie warm en droë maand. Dit is dus nodig om nou dieper nat te maak deur meer water op ’n slag te gee. Maak eerder een tot twee keer per week goed diep nat as wat daar elke dag net vlak natgemaak word. Dit sal verseker dat die plante genoegsame water in die hele grondprofiel het en wortels die grond dieper binnedring. Plante sal so hittegolwe en droë periodes beter kan hanteer. In hierdie warm tye floreer siektes en daar moet veral vir poeieragtige meeldou, roes en swartvlek op rose, dahlias en begonias uitgekyk word. Om jou grasperk groen te hou tot die winter, kan daar vir oulaas met ’n mengsel kunsmis soos 5:1:5 bemes word. In Maart begin die ergste hitte breek en jou benattingspa- trone kan aangepas word om oorbenatting te verhoed. Maak seker om te spuit vir ruspes en ander insekte aangesien dit nou ‘n probleem kan wees. April moet daar voorbereiding vir die winter getref word. Meerjarige plante wat klaar geblom het, kan nou gesnoei word. Alle blombolle wat in die lente blom, kan in potte of in beddings uitgeplant word. Onthou dat ranonkels kan verdwyn, plant hulle eerder in ’n pot. Spuit ook nou meerjarige onkruide voordat hulle saadskiet. In die groentetuin en vrugteboord is daar ook ’n paar dinge om te doen. Vrugtebome se deklae moet teen Februarie hersien word om seker te maak vog word bewaar in die ekstreme hitte. Om siekte en insekskade te voorkom, moet daar seker gemaak word dat die stamme oop is. Vrugtebome wat teen hierdie tyd reeds geoes is, kan nou met ’n lae N, hoë K kunsmis soos 3:1:5 bemes word. Broccoli, blomkool en kool kan nou vir die winter aangeplant word. Saai jou beet en wortels in rye. Februarie is ook ‘n goeie tyd om blaarslaai, spinasie en pietersielie uit te plant na koeler areas van die tuin. Teen Maart kan wortels en beet uitgedun word. Pampoene wat in Oktober en November geplant is, sal nou oesgereed wees. Pampoene wat goed afgedroog het, kan in ’n droë en goed geven- tileerde area gestoor word. Plantsiektes en insekte kan ook in jou vrugte- en groentetuin voorkom. Wees op die uitkyk daarvoor.