Senwes Scenario Februarie / Maart 2019 | Page 36

GRAANMAKELAARS | GRAIN BROKERS El Niño-jare Wat het gebeur in die verlede? Die vorige uitgawe het ’n artikel bevat wat weer gaan kyk het na die agtergrond, ontstaan en ontwikkeling van ENSO (El Niño Southern Oscillation) gebeurtenisse. Hierdie artikel is ’n eerste opvolg waar daar gekyk word na ’n spesifieke klassifikasie van ENSO in die vorm van ’n swak El Niño-gebeurtenis wat ook tans in plek is vir die 2018/2019 produksieseisoen.  Deur Frans Dreyer Bestuurder: Senwes Graanmakelaars ’n Swak El Niño-gebeurtenis word geïdentifiseer wanneer seeoppervlaktemperature bo normaal warm, maar binne ’n spesifieke grade Celsius band val. Seeoppervlaktemperature word as ’n norm uitgedruk deur middel van maandelikse Oceanic Nino Indeks (ONI)-waardes. Elke maandelikse ONI-waarde is die 3-maande gemiddeld van die seeoppervlaktempera­ tuur in die Nino 3.4 gebied. Hierdie klas- sifikasie is oor tyd onderverdeel om die verwagte intensiteit van ’n El Niño- of La Niña verskynsel aan te dui. Die verde­ling word gemaak in 0.5° Celsius intervalle soos aangedui in Figuur 1. Hierdie klassifikasie maak dit moontlik om vorige seisoene beter in te deel vol- gens die tipe seisoen wat ervaar is, soos opgesom in Tabel 1. Indien daar op die lang termyn gekyk word na El Niño- en La Niña verskynsels, word die werklike impak daarvan op opbrengsverwagting duidelik. Indien die 34 Figuur 1: Oceanic El Niño Indeks (ONI). Bron: GG Weather Tabel 1: El Niño en La Niña jare klassifisering SENWES SCENARIO | KOPSKUIF 2019 La Niña El Niño Weak (0.5 to 1°C) Moderate (1 to 1.5°C) 1952-1953 1951-1952 1958-1959 1968-1969 1976-1977 1994-1995 1953-1954 1969-1970 1977-1978 1979-1980 2004-2005 2014-2015 1963-1964 1986-1987 2002-2003 2009-2010 Strong Very Strong Weak Moderate (1.5 to 2°C) (>2°C) (-0.5 to -1°C) (-1 to -1.5°C) 1957-1958 1965-1966 1972-1973 1987-1988 1991-1992 1982-1983 1954-1955 2015-2016 1971-1972 1997-1998 1955-1956 1973-1974 1995-1996 1988-1989 1964-1965 1970-1971 1974-1975 2011-2012 1983-1984 1984-1985 2008-2009 2016-2017 1975-1976 1998-1999 1999-2000 2007-2008 2000-2001 2005-2006 Strong (<-1.5°C) 2010-2011 ` 2017-2018 Bron: GG Weather