Senwes Scenario Februarie / Maart 2019 | Page 18

LANDBOUKUNDIG | AGRICULTURAL 15 | Die gebruik van groeibevorderaars in voerkraalbeeste byvoegsel is soortgelyk aan molekules wat natuurlik in die liggaam voorkom, naamlik katekolemines. Dit is nie anti- mikrobies of ’n hormonale aanvulling nie. Gewone asmamedikasie is ook beta-agoniste. Die naam beskryf wat die produk se funksie is. Adrenergies verwys na adrenalien en agonis (tee- noorgestelde van antagonis) wat saam- werk. Die beta verwys na die spesifieke reseptor wat adrenalien op die spiersel bind. Adrenalien verander die vloei van bloed vanaf die ingewande na die spiere gedurende die tipiese ‘veg of vlug’ reaks- ie. Soortgelyk, verander beta-agoniste die vloei van voedingstowwe na die spiere en weg van die ingewande en vetneerleg- ging sodat meer groei kan plaasvind. Beta-agoniste verminder proteïenom- set deur proteïenneerlegging te verhoog en spierafbreek te verlaag. Dit lei tot ’n toename in soiergroei en afname in vetneerlegging. Beta-agoniste word aan die einde van die voerperiode toegedien wanneer spiergroei afneem, vetneerleg- ging toeneem en VOV swakker word. 16 ’n Persoon moet 180 porsies vleis of 30 porsies lewer van beesvleis wat beta-ago­ niste ontvang het, inneem om dieselfde effek as een toediening asmamedikasie te kry. IS GROEIBEVORDERAARS IN BEESPRODUKSIE NODIG? Om hierdie vraag te beantwoord, is daar ’n maklike en ’n meer ingewikkelde ant- woord wat ook ’n ‘kopskuif’ noodsaaklik maak. Die eenvoudige antwoord is om saam met die aandrang van aktiviste te stem wat van enige vreemde, nuwe en daarom onnatuurlike produk ontslae wil raak. Hulle verkondig gewoonlik ’n siening van die algemene publiek wat wetenska- plik onkundig is en inderdaad ’n behoefte aan veilige voedsel het. Hierdie persone het gewoonlik nie ’n begrip van die kon- teks, wetenskaplike inligting en veilige grense wat vir die gebruik van ’n produk nodig is nie - in hierdie geval beesvleis. Vir hierdie rede is dit vir elke beesvleis- produsent nodig om met die konteks en wetenskaplike inligting van nuwe tegnolo- SENWES SCENARIO | KOPSKUIF 2019 gie vertroud te wees. Deur geen groeibevorderaars te gebruik nie, sal diere wel oorleef en ook gesond wees. Beesvleis sal ook geproduseer kan word maar betekenisvol minder produk- tief, tot die mate dat die beskikbaarheid sal afneem en/of die prys van beesvleis sodanig styg dat dit nie vir die gewone man op straat beskostigbaar is nie. ’n ‘Kopskuif’ is nodig om die beesbedryf toe te laat om nuwe tegnologie steeds te gebruik om die verbruiker van veilige, hoë kwakiteit produkte te midde van stygende voer en grondpryse te voorsien. Dit moet ook gedoen word deur die omgewingsim- pak te verlaag. Soos met enige verfynde tegnologie, sal groeibevorderaars met verantwoordelikheid en omsigtigheid, maar ook met selfvertroue en vrymoedigheid toegepas moet word om die voordele daarvan te benut.