Senwes Scenario Februarie / Maart 2019 | Page 17

AGRICULTURAL | LANDBOUKUNDIG Tabel 1 Hoeveelheid Bron Nanogram estrogen 75g Vleis sonder enige hormoonbehandeling 75g Vleis met hormoonbehandeling 350ml Bier 75g Rou ertjies 75g Rou kool 1 pil Geboortebeperking Per dag Volwasse man 136,000.00 Per dag Volwasse vrou 480,000.00 per dag Swanger vrou 3,415,000.00 1.30 2.00 15.00 500.00 3,000.00 35,000.00 Source: T Lawrence, Ph.D 2012 West Texas A&M University / H Ritchie; Michigan State University meer grond, 10% meer voer, 7% meer brandstof en 7% meer kunsmis nodig wees om dieselfde massa beeskarkas te produseer. WAT IS IONOFORE? Ionofore is ’n chemiese bestandeel wat deur gespesialiseerde mikro-organismes geproduseer word en as ’n selektiewe antimikrobe-agent optree wat deur die voer ingeneem word. Ionofore word nie as tera­ peutiese antibiotika aangewend nie, maar is wel effektief en as ’n antikoksidiostaat geregistreer. As ’n groeibevorderaar inhi- beer ionophore grampositiewe bakterieë en stimuleer die groei van gramnegatiewe bakterieë. Die resultaat hiervan is dat meer propionsuur in die rumen as voorloper vir glukose, wat spiergroei stimuleer, in die dier se liggaam geproduseer word. Terselfdertyd word minder metaangas, wat energie bevat, in die rumen geproduseer en minder energie gaan dus verlore. Ionophore word dikwels verkeerdelik saam met ander antibiotikaprodukte bespreek wat in praktyke vir dierepro- duksie gebruik word. Die onnadenkende gebruik van antibiotika-molekules wat ook in menslike produkte gebruik word, kan wel tot weerstand van bakterieë teen die- selfde antibiotika in die mens, aanleiding gee. Ionofore word nie in menslike medi- syne gebruik nie en dit het ook nie dieself- de reaksiewyse as ander antibiotikapro- dukte nie en veroorsaak nie geassoieerde weerstand in mense nie. WAT IS HORMONALE GROEI-IMPLANTATE? Die hormone wat in diereproduksie ge­bruik word, verhoog die reproduktiewe hormone, soos estrogeen en testosteroon, wat natuurlik in die liggaam geprodu- seer word. Hierdie hormone word sedert 1975 reeds vir diereproduksie gebruik. In manlike diere vervang hierdie produkte gedeeltelik die hormone wat met kastrasie verwyder is. Groei-implantate stimuleer proteïenneerlegging en inhibeer vetneer- legging. Hierdie proses verbeter beide GDT en VOV aangesien vetneerlegging meer as twee keer die energie benodig om dieselfde massa proteïen neer te lê. Die hormone in groei-implantate kan met veiligheid, sonder enige nagevolge vir mens en dier vir diereproduksie geb- ruik word. Die residuvlakke wat in bees- vleis gevind word, is te laag om enige nagevolge of risiko vir die mens in te hou. Om beter insig op hierdie stelling te kry, moet die estrogeenvlakke wat natuurlik in plante, mense en diere voorkom, beskou word. Tabel 1 toon dat ’n persoon soveel as 3 miljoen hamburgers wat van bees­ vleis met groei-implantate gemaak is, moet eet om soveel estrogeen in te kry as wat ’n gemiddelde vrou daagliks produ- seer. Implantate wat testosteroon bevat, is soortgelyk. Daar is ’n veiligheidsfaktor van ’n paar duisendvoudig ingebou met die veronderstelling dat ’n persoon soveel as 6 tot 7 porsies beesvleis per dag sal inneem. WAT IS BETA ADRENERGIESE AGONISTE? Hierdie produkte is die nuutste klas van groeibevorderaars wat sedert 2004 in die handel beskikbaar is. Hierdie klas van SENWES SCENARIO | KOPSKUIF 2019 16 15