Senwes Scenario Februarie / Maart 2019 | Page 15

PRODUCER FOCUS | PRODUSENTFOKUS Voorsitter van Hartbeesfontein Landbou­­vereniging, Jaco Maré (regs), by een van die beheer­ kamer­personeel­ lede, Chris Ludick. In die agtergrond is die Hartbees­fontein Silo, wat een van drie Senwes silo’s is wat ingespan word om die gebied te beveilig. soneellede wat in diens is en 8-uurliks skofte ruil. Binne die toegeruste beheerkamer is daar sewe skerms waarmee die gebied beveilig word. Een van die beheerkamerpersoneellede, André Roux, het selfs ‘n toepassing ontwerp waar ‘n verdagte voertuig se model, kleur en registrasienommer ingesleutel word - die stelsel soek dan deur die databasis van vorige gevalle en kan daar gouer en meer effektief opgetree word. WAARDETOEVOEGING Die bykomende waarde van so ’n veiligheidsisteem is dat veld- brande beter en gouer gesien kan word en onluste kan meer effektief hanteer word. Om meer effektief te wees, is dit belang­ rik om nooit te stagneer nie. Brei uit, gradeer jou sisteme op sodat jy altyd relevant bly. Enkele voorbeelde is beter geboue, meer gebruikersvriendelike sisteme vir operateurs, strategiese plekke en beter kameras. Herbesoek jou sisteem gereeld. Die laaste raad is dat daar ook goeie samewerking met omliggende buurdorpe in moet wees. In hulle geval is die Noordwes dorpe Coligny, Ventersdorp, Ottosdal en Wolmaransstad krities om te weet watter ongewenste elemente jou gebied kan binnedring en om so misdaad te voorkom. NOG VOORBEELDE Hoewel Hartbeesfontein Veiligheid een van die beste daarbuite is, is hulle verseker nie die enigste nie. Na ’n gesprek met Agri SA en AgriSecuritas, is bevind dat daar baie ander boerevereni- gings landswyd is met uitstekende aksies om veiligheid binne hul landbou- en die gemeenskap te verbeter, soos die Albany Bathurst Distrikslandbou-Unie in die Oos-Kaap, Smithfield en Vierfontein in die Vrysaat, Agri Kiepersol in Mpumalanga asook Potgietersrus Landbou om net ‘n paar op te noem. So, beveilig jou area en landbou-omgewing deur die leiers in die bedryf te kontak - “Dit is een van die beste beleggings wat jy kan maak,” om Jaco direk aan te haal. En sonder twyfel weet die joernalis verseker dat hy weer gewaar is tot hy buite die radius van 40km om Hartbeesfontein is. Vir meer inligting kan Jaco Maré by 082 388 4294 of Basie Terre-Blanche 082 768 2558 geskakel word. Hinterland wenner nou ook wêreldkampioen  Deur Phillip Lee Hinterland Bestuurder: Diereproduksiedienste E nige kompetisie se geloofwaardigheid is gesetel in sy vermoë om geloofwaardige wenners aan te wys, want ’n kompetisie word deur sy wenners gedefinieer. Wanneer ’n kompetisie se wenners dus verdere hoër loure inoes, dan bevestig dit die vermoë van die kompetisie om die regte wenners aan te wys. Dit is presies wat nou met die wêreldskou gebeur het: Die Hinterland Nasionale Interras wenners wat by ALFA 2018 die onderskeie skoue waar hulle kampioenskappe gewen het, verteenwoordig het, het nou ook as verteenwoordigers van hul onderskeie rasse, internasionale wenners geword! Dit verifieer die beoordeling by ALFA en die manier waarop die finaliste genomineer word, soos geen ander proses dit sou kon doen nie, en bevestig net weereens dat Suid-Afrika van die beste stoettelers in die wêreld het. Die kompetisie het sy ontstaan in 2012 gehad, en vanjaar was daar nagenoeg 1 000 inskrywings uit 77 lande bestaande uit 16 rasse. Die Suid-Afrikaanse vlag is hoog gedra ten opsigte van ’n hele aantal rasse met die hoogtepunt waar die Hinterland Nasionale Interras kampioenbul, ACE BR 140016, gekroon is as die wêreldkampioen Santa Gertrudis bul. ACE is vertoon deur die Santa-Rey Santa Gertrudis stoet van Raymund de Villiers van Sannieshof (Lees die artikel oor Raymund in die vorige uitgawe van die Senwes Scenario). Nog ’n hoogtepunt het gekom by die Simmentalers waar die Hinterland Nasionale Interras kampioenkoei weggestap het met die “Miss World Silver” medalje. Ierland het met die louere weggestap. Die top koei, Dipsie PJO 12-65, is die eiendom van die ChrisMar Familietrust se Taaibosspuit Simmentaler stoet in die Lichtenburg gebied. Hierdie uitslae is goeie nuus vir die plaaslike stoetbedryf, deurdat beide die Hinterland Nasionale Kampioen manlike en vroulike diere topplasings ontvang het. Dit is ‘n getuigskrif vir stoetteling in Suid-Afrika. SENWES SCENARIO | KOPSKUIF 2019 13