NUUS| NEWS
Die hart van
Hartbeesfontein
Veiligheid is die
wagwoord
Elke dorp of stad het ’n hartklop, en
by Hartbeesfontein is een van die pol-
sende kloppe verseker Hartbeesfontein
Veiligheid.
Deur Aubrey Kruger
Senwes Scenario Redakteur
D
André Roux in die beheerkamer, waar
sewe skerms die omgewing in ‘n 40km
radius fynkam.
it kom jy dadelik agter in die ingerigte beheer-
kamer, wat my paraat inwag nadat hulle my
seer sekerlik van die R507 en R503 gewaar het,
soos per ons afspraak op die betrokke dag.
Die voorsitter van die Hartbeesfontein Landbou
vereniging, Jaco Maré, vertel dat hulle altyd veiligheid hoog
op die agenda plaas. Met die kommando’s se sluiting in
2005 het die bevelsgroep, John Lemmer, Frik Lemmer,
Jaco Maré, André Kilian, Jan Meiring en Carlos da Silva
oorgegaan na die ‘Hartbeesfontein veiligheidsgroep.
Een van die belangrikste kopskuiwe was om daarna by
een van die veiligheidsleiers, Smithfield Boerevereniging,
te gaan kers opsteek, waarna hulle besluit het om hulle
beheerkamer te vestig. Dit is opgevolg in 2016 met sein-
torings wat op strategiese plekke geplaas is. Die eerste
sewe was in fase een in 2016, vinnig gevolg deur nog
sewe in fase twee en na fase drie was daar 22. Sestien
van die torings word van direkte krag voorsien met ses
wat met sonpanele en batterye toegerus is. DOEL IN AKSIE
Wanneer hulle tot aksie oorgaan, is die doel
van die veiligheidspan om noodhulp toe te pas
indien nodig, die gebied af te sper en te bevei
lig. Hulle is daar om plaasaanvalle, rooftogte
en diefstal te hanteer en te bekamp asook om
bystand vir die polisiediens te verskaf binne die
perke van die wet. Raad wat Jaco het, is om
gebeurlikheidsplanne in werking te stel asook
om goeie en effektiewe samewerking met die
SAPD, buurtwagte, ensovoorts te hê. Hulle het
ook gereelde strategiese sessies en padblok-
kades om sigbaar te wees, is in gesprek met
die VIS en met Noordwes Agri en Agri SA, wat
hulle nog altyd goedgesind is.
KAMERAS EN SEINTORINGS
Van die 22 kameras en seintorings is selfs bo-op Senwes
silo’s gemonteer, naamlik Werda Silo, Melliodora Silo
asook Hartbeesfontein Silo. Kameras is selfs op ses pro-
dusente se plase geplaas op reeds bestaande torings en
hulle bedank almal vir die goedgunstigheid. KOSTE EN PERSONEEL
So ‘n stelsel kan etlike duisende of miljoene
kos met duisende rande se maandelikse koste.
Hoewel daar baie skenkings is, moet baie
koste self gedra word.
Hartbeesfontein Veiligheid het vyf per-
12
SENWES SCENARIO | KOPSKUIF 2019