NEWS | NUUS
Ons het ’n gefokusde besigheidsportefeulje wat impliseer
dat ons eerder baie van min wil weet, as min van baie.
teweegbring. Die waarheid is dat Suid-
Afrika in vergelyking met die wêreld nie
die heel beste produksiegebied is nie.
Om te diversifiseer na alternatiewe
gewasse of vee is ’n opsie, maar daar is
baie aspekte wat oorweeg moet word.
Dit het al begin plaasvind, maar insiden-
te soos wat ons tans ervaar, versnel die
proses. Die probleem is dat dit nie jaar-op-
jaar verander kan word nie en jy oor meer
as ’n 20-jaar winsgeskiedenis moet beskik
om ‘n ingeligte besluit hieroor te neem.
Produsente is dus al meer risiko
bestuurders wat risikobesluite neem. “Om
te sê ek sal plant mits die prys reg is, is
net ’n prysbesluit, maar dit moet met ’n
produksiebesluit gekombineer word.” Ook
belangrik is die volgorde van jou besluit-
nemingsproses, natuurlik eers produksie-
en dan prysbesluite.
SPESIALISASIE OF DIVERSIFIKASIE?
Dit is die ewige vraag. By Senwes het
ons die voordeel om 110 jaar se geskie
denis te beoordeel en in ons geval is
spesialisasie die regte antwoord vir ons
besigheidsmodel. Senwes diversifiseer wel
ten opsigte van geografie, kommoditeite
en klantebasis. Belangrik om te onthou is
dat indien jy goed is in een deel van die
voedselwaardeketting, impliseer dit verse-
ker nie dat jy goed is in ’n ander ook nie.
Indien ’n besigheidstrategie slegs winsbe-
jag is, is dit egter ’n kortstondige siening
en ’n gevaarlike pad om te loop. Die regte
strategie is om te oorleef in moeilike jare
sodat jy, as die siklus weer positief is, die
volgende jaar steeds daar sal wees.
OORLEWING
Om te oorleef moet jy selfkrities en anali
ties wees rakende jou kernvaardighede,
risikobenaderings en die omgewing en nie
selfvoldaan wees nie. “Jy is dalk nie so
skerp as wat jy dink nie.” Wees gefokus,
toegewyd en nederig.
Tyd en tydigheid is belangrik. Indien
jy ’n besluit moet neem, doen dit. Wat
belangrik is, is die boodskap wat jy uit
stuur, die kultuur wat jy skep en karakter
wat gebou word met die neem van die
besluit.
2019 NASIONALE VERKIESING
Ons is nou in ’n tydperk waar volatiliteit
baie hoog is, politieke insidente voorkom
en uitsprake gemaak word. Wisselkoerse,
kommoditeite en sakevertroue word geaf-
fekteer, maar dit is belangrik om nie toe te
laat dat hiérdie korttermyngebeurtenisse
jou van jou langtermynsienings wegneem
nie. Verhoed dat jy verlam word deur
vrees en om besluitloos te wees. Onthou,
geen besluit is ook ’n besluit!
GOEIE GELEENTHEDE
Wees bedag daarop dat daar altyd baie
goeie geleenthede is: “Van omtrent elke
100 geleenthede benut Senwes vanuit ’n
korporatiewe transaksieoogpunt, slegs
twee.” As dit nie die strategie onder
steun, by die kultuur pas en/of die prys
reg is nie, neem ons dit nie. Jy sê dus
baie meer nee vir “versoekings” as wat
jy ja sê vir “geleenthede”. Ons is in die
voedselwaardeketting en ondersteun dus
produsente. Die kruks is dat ons almal by
Indien u Senwes Credit, Senwes
Equipment en Senwes Grainlink
wil kontak, skakel hulle gerus soos
hieronder aangedui:
Pieter Swart
Senwes Credit: Uitvoerende
Bestuurder
018 464 7532
[email protected]
Pieter Malan
Senwes Grainlink: Uitvoerende
Bestuurder
018 464 7395
[email protected]
Ferdie Pieterse
Senwes Equipment: Uitvoerende
Bestuurder
018 464 7653
[email protected]
situasies sal moet aanpas, en indien jy
nie die moed en vertroue het om aan te
gaan nie, moenie wag dat omstandighede
namens jou die besluite neem nie.
Senwes onderneem om aan te hou om te
belê, besigheidsprosesse te konsolideer
en geleenthede te benut.
Ons is daarop gefokus om met insette,
marktoegang en finansiële dienste, advies
en oplossings aan klante te verskaf. Ons
het ’n gefokusde besigheidsportefeulje
wat impliseer dat ons eerder baie van min
wil weet, as min van baie.
Senwes het ten doel om die beste
administrasie en ondersteuningsdienste
aan ons operasionele besighede te ver-
skaf, leiding te neem en om grondige
kennis met klante te deel. “Wees verse-
ker, Senwes sal aanhou deelneem en nie
‘n toeskouer wees nie, ons is deel van
Suid-Afrika en aanvaar die verantwoorde-
likhede wat daarmee gepaard gaan.”
SENWES SCENARIO | KOPSKUIF • MIND-SHIFT 2019
05