Senwes Scenario Februarie / Maart 2019 | Page 28

AREAFOKUS | AREA FOCUS Fonteine van vernuwing in Bloem Vir ‘n tak wat vanjaar al vir die 27ste jaar een van die grootste takke en vulstasies in ons midde is, is Bloemfontein se opgradering beslis iets om oor huistoe te skryf. Letterlik!  Deur Aubrey Kruger Senwes Scenario Redakteur D ie tak, wat op 19 Junie 1992 sy deure amptelik vir Bloemfonteiners geopen het, het die afgelope tyd ’n welkome vernuwende verandering ondergaan. So, indien jy ’n tydjie terug in Bloemfontein was, is dit beslis tyd om weer by die tak ’n draai te maak. BARS UIT SY NATE Die laaste keer toe Senwes Scenario dié juweel amptelik besoek het, was in 2016 en sedertdien is daar talle verbeterings aangebring. MAAK VOL ASSEBLIEF Wat ’n tenk vol. Die vulstasie by ons Hinterlandtak het vanaf 30 Augustus 2018 nuwe brandstofpompe, ’n wyer rybaan vir beter verkeersvloei, waar tot 6 voertuie gelyktydig gehelp kan word, ‘n breër toegangspad, opgegradeerde nuwe 26 draadlose pompeenhede en nou kry jy ook 95 oktaan ongelode brandstof, nuwe- generasie elektroniese pompe vir bande waar jy net die gekose druk insleutel, nuwe vleklose staal asblikeenhede, opgegradeerde LED-beligting met ’n kleiner CO 2 voetspoor en ook ’n dampherwinningstelsel op die ventilasie- eenhede om die verdamping te verminder en lugkwaliteit te verbeter. VOLLEDIG TOEGERUSTE OK EXPRESS In die proses is die geriefswinkel ook opgegradeer na ’n volledig toegeruste OK Express winkel. Takbestuurder Gerhard Odendaal vertel dat die voete inderdaad verdubbel het met ’n besige kombuis met heerlike wegneemetes wat deur twee kokke voorberei word, asook heerlike koffie, lottokaartjies, lugtyd en voorafbetaalde elektrisiteit in die winkel - daar is selfs kopseerpille en groente. Die klanttoilette is ook nou gestremd­ vriendelik en ’n nuwe kiosk is vir petrol­ joggies opgerig. Alles is 24-uur, sewe dae SENWES SCENARIO | KOPSKUIF • MIND-SHIFT 2019 van die week beskikbaar. PERSONEELONTWIKKELING ’n Besige takbestuurder moet die vrymoedigheid hê om te delegeer en met sy 105 personeellede kan Gerhard dit verseker doen. Gerhard kry binnekort ook ’n assistent-bestuurder om die verbeterde winkel met die 54 winkelpersoneel, 27 Senwes Equipment personeel en 24 personeellede by die vulstasie te bestuur. Gerhard voel die verbeterde vloei en gelukkige personeel berei hulle voor om die produsent en stadsklant optimaal te bedien. En dit, tesame met die jaarlikse ekspo, Bloemskou en tweemaandelikse besoek van die bloedbank, help om soveel voete as moontlik na die besonderse tak te lok. WINKEL VOLGENDE OP DIE LYS Dit is steeds nie die einde nie. Die winkel is geskeduleer om verdere opgradering in Februarie 2019 te ondergaan. Sterkte met die opgraderings Bloemies!