Senwes Scenario Februarie / Maart 2019 | Page 24

PRODUSENTFOKUS | PRODUCER FOCUS Brahmane  is Willie Jacobs se kos Ons lewe in ‘n baie vinnige era waar dinge binne ‘n oogwink kan verander en ‘n kopskuif soms nodig is om die toekoms aan te pak. So is dit ook die geval met Willie Jacobs, eienaar en stoetteler van die Jacobs Brahmane, wat die laaste drie jaar by die Hinterland Nasionale Interraskampioenskap uitsonderlik presteer het.  Deur Aubrey Kruger Senwes Scenario Redakteur M aar dit was gewis nie so maklik soos 1, 2, 3 nie. Willie se verhaal het in 2012 as kommersiële produsent begin, maar met die droogte van 2016 was ’n ander denkrigting nodig om in dié geharde landbou-omgewing te floreer. Dit was toe dat hy besluit het om slegs as stoetteler toe te tree. Volgens Hinterland se Phillip Lee, Diereoplossingsbestuurder is Willie een van min stoettelers, naamlik hyself en John Devonport, wat ’n finalis by al die Hinterland Nasionale Interraskampioenskappe die afgelope drie jaar gehad het. In 2016 het hy met die Brahman koei Sugar, oftewel VDM143 presteer, in 2017 weer met Sugar waarna hy in 2018 met die Brahman bul genaamd Magic (AJS17675) asook Saartjie (GPCK16737) nasionale finaliste was. Wat Willie verder uniek maak, is dat hy ’n wit én ’n rooi stoet het. Willie se filosofie is eenvoudig, maar effektief - hy het ten doel om een van die beste kuddes te teel. En met sy finaliste is Willie verseker op die regte pad. Die 41-jarige wat in Klerksdorp gebore en getoë is, het landboubloed in sy are. Sy oupa, Willem Jacobs, het met kommersiële beeste op Klipfontein tussen Klerksdorp en Wolmaransstad in Noordwes geboer. Die nederige teler is veral in sy noppies met die Hinterland interraskompetisie waar niemand regtig teen mekaar kompeteer nie en elkeen so 22 te sê in sy eie reg deelneem. Hy lig ’n paar dinge aan Senwes Scenario uit oor hoekom hy sukses behaal het: “Dit is natuurlike goeie genetika en dan moet deeglike voorbereiding gedoen word. En dan kan jou touleier dit ook maak of breek. In die geval Barend van Staden, die 2018 Hinterland Nasionale Touleier van die Jaar @ALFA, oor wie ons ook in dié uitgawe berig. Dit is hier waar Willie sy vertroue 100% in Barend plaas en hoewel nog vroeg in sy touleierloopbaan, is hierdie regtig nog SENWES SCENARIO | KOPSKUIF • MIND-SHIFT 2019 ’n juweel wat in die kraal geteel is. Nog ’n feit is dat hulle wel in spanverband goed presteer, wat hy as nog ‘n rede vir hul sukses aanvoer soos hy na Barend as sy hoofseun verwys wanneer dit by die skou van hulle diere kom. Soos Willie reeds van kommersiële boer tot stoetteler beweeg, is hy vasberade om deurlopend uit te brei. Die dat hy ook tot produksieveilings gaan toetree om goeie kommersiële en vroulike diere aan die mark te verskaf. Teel so voort Willie Jacobs! Willie Jacobs en sy Brahman- bul Magic, wat al naam gemaak het in dié bedryf.