Senwes Scenario Februarie / Maart 2019 | Page 22

NUUS| NEWS Barend van Staden met Magic, die bul met wie hy die titel van 2018 Hinterland Nasionale Touleier van die Jaar @ALFA ingepalm het. Barend van Staden Touleier van formaat ’n Touleier? mag die gewone ou vra. Wel, dit is die persoon met letterlik en figuurlik die leisels in sy hande wanneer dit by die beoordeling van bulle en koeie by beesskoue kom. Ons ontmoet vir Barend van Staden, die nuwe 2018 Hinterland Nasionale Touleier van die Jaar @ ALFA. ’n Titel wat hy by die ALFA Ekspo in Parys ingepalm het en hopelik in 2019 kan gaan verdedig.  Deur Aubrey Kruger Senwes Scenario Redakteur A nders as meeste ander touleiers wat al vir jare in die bedryf is, is Barend egter ‘n nuweling en het eers sedert 2017 sy vernuf in dié arena begin toon nadat sy werkgewer, die Brahman- stoetteler Willie Jacobs van die plaas Rietfontein tussen Rustenburg en Swartruggens, hom die geleentheid van sy lewe gegee het. Die Sannieshofgebore Barend het baie respek vir Willie en beskryf hom as sy pa: “Ek dink die Here het hom verseker by my lewe gestuur en ek beskou hom as my pa.” Soveel so dat hy ook verstaan as Willie met hom raas as hy wel fouteer. “Want hy probeer my net in die proses verbeter en ek móét my kant bring.” Vir die wat gereeld landbouskoue 20 bywoon, breek Barend werklik die grense van sy verantwoordelikhede. Inaggenome dat hy die trokdrywer vir Willie was wat die diere rondgekarwei het. Maar hy het ingeklim en allerhande take begin verrig. Die krale skoongemaak, die diere gevoer en ook so die pligte van touleier aangeleer. Die dag toe hy die 2018 Hinterland Nasionale Touleier van die Jaar @ ALFA ingepalm het, beskou hy as die heel grootste dag van sy lewe en om dit alles te kroon, het hy nie eens elke keer geweet dat hy beoordeel word nie. Want tydens die geleentheid is hy nie net in die ring beoordeel nie, maar ook hoe hy vir die diere versorg en hoe hy hulle hanteer. En sy oomblik was groot nadat hy omtrent met ‘n groter applous as die Nasionale Bul- en Koeikampioene begroet is. Maar hy gaan nie op sy louere rus nie. Hy het immers ‘n passie vir diere en beskou dit as ‘n liefdestaak – “Ek is lief SENWES SCENARIO | KOPSKUIF • MIND-SHIFT 2019 vir daai diere.” Hy praat ook met hulle, soos hy spottenderwys verwys dat hulle Afrikaans praat. Hy is baie ferm, maar gee die beeste ook ruimte om hulle beste… hoef voor te sit sodat die beoordelaars hulle beste eienskappe kan besigtig. Hy raas en skree nie op hulle nie en volgens Willie het Barend verseker ‘n aanvoeling hiervoor. En wat beplan hy vir 2019? Wel, hy het ‘n mak span geërf en sal die nuwes moet inbreek en sy staal so moet wys. Punte waarop hulle beoordeel word: Algehele netheid soos kleredrag en skoene word hoog op prys gestel. Dan moet daar ’n konneksie tussen die touleier en die dier wees. Kontak met die ringleier is krities en die diere moet veral sy nie-verbale kommunikasie verstaan. Aanbieding van die dier aan die beoordelaars, soos om sy kop op te lig en na sy voetplasing te kyk, is belangrik.