Senwes Scenario Februarie / Maart 2019 | Page 21

AGRICULTURAL | LANDBOUKUNDIG Moet nie kortpaaie in produksie probeer neem nie. Verlaag die koste per eenheid deur te kyk na alternatiewe stelsels. Konsolidasie van skuld volgens meriete. Verkoop surplus kapitaal items waar ekonomies regverdigbaar. Geen nuwe kapitaalbesteding waar los geld nie beskikbaar is nie. Aanplanting van graan op beste gronde, wat risiko beperk. Raak ʼn beter prysbestuurder. (Vermy vastepryskontrakte waar lewering verpligtend is in droogtejare waar sekerheid van oes nie bestaan nie). Watter faktore het ‘n invloed op marges wat aanvaarbaar is vir volhoubare produksie? Produksie/opbrengs in t/ha of kg vleis/ ha wat grootliks gekoppel is aan klimaat, waaroor jy geen beheer het nie Die vraag kan gevra word of die hulpbron steeds voldoende is om die gewenste marge te realiseer met die heersende klimaat. Het reënvalpatrone verander, en is dit die rede dat die vertakking wat my pa en oupa mee geboer het, nie meer winsgewend mee geboer kan word nie? Moet ek meer kapitaal in masjinerie en werktuie belê weens ’n korter vensterperiode? Insetkostestygings Kommoditeitspryse Kosteknyptang Is my boerdery gerat vir presisiepraktyke om die veranderende produksieomgewing tot my voordeel aan te wend? Hierdie is maar ’n inleidende artikel en daar sal gepoog word om deur die loop van die jaar deegliker ondersoek te doen na bogenoemde faktore om met verloop van tyd volhoubaar te kan produseer. SENWES SCENARIO | KOPSKUIF • MIND-SHIFT 2019 19