Senwes Scenario Februarie / Maart 2019 | Page 20

LANDBOUKUNDIG | AGRICULTURAL Watter faktore gee aanleiding tot marginalisering van grond? Met die skryf van hierdie artikel, 7 Januarie 2019, het die gebrek aan reënval asook versengende hitte gewasaanplantings ernstig in die wiele gery. Natuurlike weiding is erg beskadig en gaan lank vat om te herstel. Die omvang van dié scenario is heelwat erger as die vorige droogtes. Finansiële uitdagings vir produsente is hul maandelikse lopende uitgawes en finansieringsverpligtinge.  Deur Petrus van Staden Senwes Senior Agronoom D ie groter prentjie is dat tyd nie stilstaan nie, en dat die langtermyn gemiddelde reënval gedurende Februarie tot April steeds moontlikhede bied. Die uitstaande kenmerk van “boere” is dat hulle nie ‘n tekort aan planne het nie. Die kernbesigheid is ʼn produsent wat komende seisoen (2019/20) weer in volle produksie wil wees. Enige plantaksie sou absoluut beperk word tot: Finansiële oorlewing indien daar geen ander uitweg is nie, Die maak van kos vir diere, Om waaiskade in die lente te beperk Voorbereiding vir plant van mielies. 18 Op lande wat verlede seisoen voor- plantkunsmis ontvang het, maar nie geplant is nie, kan die chemiese status gekontroleer word. KOPSKUIF-SEISOEN Die droogte dwing produsente om emosie en sentiment binne die besluitnemingsproses tot ʼn absolute minimum te beperk. Die klimaat en reënval se onstabiliteit vereis dat daar opnuut na die effek van aardverwarming gekyk moet word en elke produsent sal hom-/haarself deeglik moet vergewis van die potensiële impak op sy/ haar boerderystelsel. Die finansiële impak daarvan vereis daadwerklike optrede. “...jou onderneming moet voortdurend aanpas om ekonomies te oorleef en mededingend te bly. Stagnasie is nie ‘n SENWES SCENARIO | KOPSKUIF • MIND-SHIFT 2019 opsie nie...” (Dr. Johan Willemse, LWB 4-11 Januarie 2019). Wat kan die produsent doen om volhou­ baar te produseer in hierdie moeilike produksie- en ekonomiese toestande? Daar bestaan nie kitsoplossings nie, elke produsent se omstandighede is uniek. Fokus op die aspekte waaroor jy in jou onderneming (hulpbronsamestelling, produksiekoste) beheer het. Evalueer elke faset van die boerdery. Ontleed besigheids- sowel as finansiële risiko’s. Optimaliseer produksiefaktore (grond, kapitaal, arbeid, bestuur, onderhandelingsvaardighede) – diagnostiese boerderyontleding.