Senwes Scenario Februarie / Maart 2019 | Page 16

LANDBOUKUNDIG | AGRICULTURAL Die gebruik van GROEIBEVORDERAARS in voerkraalbeeste Wat is die voordele en risiko’s betrokke Die winsgewendheid van ’n voerkraal word grootliks deur die produktiwiteit van bees­ produksie bepaal. Dit kan uiteindelik na die hele voerkraalbedryf deurgetrek word, wat ook deurentyd met ’n persepsuele omgewingsimpak van die publiek gekonfronteer word.  Deur dr Kobus Swart Dierevoedingskundige D ie koste van ’n kalf en die voer wat nodig is om hierdie kalf af te rond, is die grootste variërende uitgawes van ’n voerkraal. Hierdie koste is ook eksterne pryse waar­oor die voerkraal geen beheer het nie en dus tot betekenisvolle risiko bydra. Om onder hierdie omstandighede te oorleef, moet ingeligte en noulettende besluite geneem word en selfs ’n ‘kopskuif’ toegepas word. Groeibevorderaars is ’n voorbeeld van metaboliese tegnologie of verfynde middels wat deur voerkrale en ander 14 diereproduksiestelsels wêreldwyd gebruik word om meer vleis, in korter periodes, met minder voer te produseer, terwyl hoë standaarde van dieregesondheid, karkas­ kwaliteit en voedselveiligheid gehandhaaf word. Die drie produkte wat goedgekeur is om in die voerkraalbedryf te gebruik, is antimikrobe middels in die vorm van ionophore, hormonale implantate en beta- adre­nergiese agoniste. WAT IS DIE VOORDELE VAN METABOLIESE TEGNOLOGIE Die beste manier om die voordeel van ’n groeibevorderaar te meet, is die gemid- delde daaglikse groei van lewendemas- satoename (GDT) oor ’n periode en die effektiwiteit waarmee voer na lewende SENWES SCENARIO | KOPSKUIF • MIND-SHIFT 2019 massa omgesit word (VOV). Die omstan- dighede en kwaliteit van voer moet in beide van hierdie metings gespesifiseer en vergelykbaar wees. Ionofore, implan- tate en beta-agoniste verbeter die GDT met onderskeidelik 3%, 16% en 16% terwyl dieselfde produkte die VOV met onderskeidelk 4%, 10% en 14% verbeter. Die produksiekoste sou ten minste 10% meer gewees het indien ’n produsent sou besluit om nie ionophore, implantate of beta-agoniste te gebruik nie of indien dit nie gebruik mag word nie. Dit word bereken dat die voordeel van die bevor­ deraars die voerkraalbedryf in staat stel om met 20% minder diere soveel as 10% meer vleis te produseer. Sonder groei­ bevorderaars sal 10% meer diere, 10%