Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Page 7

HOOFARTIKEL •••
•••••••
As die klimaat sou normaliseer gaan die afgelope droogte ’ n 3-jaar effek op ons hê ...
Primêre bewerking geskied van Junie tot September en planttyd , afhangend van reën en die grondvogsituasie , vanaf Oktober tot Desember en soos ons die vorige seisoen gesien het , selfs tot in Januarie .
PERSPEKTIEF OOR SPANDERING Die dominerende aspek met betrekking tot die tussentydse resultate wat pas gepubliseer is , is dat ons ’ n 1 uit 107 jaar gebeurtenis by Senwes beleef het en waarskynlik in SA landbou ’ n 1 uit 109 jaar gebeurtenis .
Ek sê dominerend want aan die insetkant het dit ons besigheid hard geslaan . Produsente se vermoë om te spandeer was baie beperk en hulle was onder swaar kontantvloeidruk . Al ons insetbesighede was onder druk wat volumes en marges aanbetref – “ Natuurlik moet die bevoorradingsiklus ook normaliseer . Jy be voorraad nie vir so ’ n gebeurtenis nie . Jy bevoorraad vir ’ n normale jaar .”
SENWES HET ‘ N GROOT SOSIALE IMPAK / VOETSPOOR Ons is ’ n swaar vastekostegedrewe besigheid – “ Ons kan nie die koste met betrekking tot die meer as 3 000 mense wat in ons diens is en die bates , masjinerie , voorraad en kapitaalaanwending net eenvoudig afskakel nie .”
Ons het mense met afhanklikes wat van ons afhanklik is . Ons raak waarskynlik direk en indirek die lewens van so tussen 300 000 en 400 000 mense deur ons klantebasis , personeel , insetverskaffers , klante aan die verdere verwerkingskant , dorpe asook munisipaliteite . Ons het ’ n groot menslike en sosiale impak . Dit het ’ n groot koste-effek op ons besigheid as ons nie volumevloei deur die besigheid kry nie , wat ons ook nou ondervind het .
DIE EFFEK VAN DIE DROOGTE OP MARKTOEGANG Normaalweg hanteer Senwes sowat 2,5 tot 3 miljoen ton graan . Verlede jaar het ons kwalik ’ n miljoen tot hanteer met ’ n vastekostestruktuur van oor die 80 %. As die klimaat sou normaliseer gaan die afgelope droogte ’ n 3-jaar effek op ons hê van die volgende omvang - R100 miljoen negatiewe impak in die 2014-2015 produksiejaar , R150 miljoen in die 2015- 2016 produksiejaar en R50 miljoen in 2016-2017 - ’ n gesamentlike impak van R300 miljoen .
Ons wins is R100 miljoen laer as verlede jaar . Nou , nadat 1 miljoen ton graan ontvang is , impakteer dit wesenlik op ons marktoegangsbesighede . Ons het ’ n negatiewe drakoste in die mark , buitengewone hoë premies op veral witmielies en baie hoë volatiliteit wat beide kommoditeitspryse en wisselkoerse aanbetref . Dit is ’ n dodelike mengsel vir ’ n verhandelingsbesigheid soos Tradevantage .
KREDIET EN FINANSIËLE DIENSTE Die klantebasis is onder druk wat kontantvloei aanbetref . “ Die produsent se volgende inkomstesiklus is eintlik eers wanneer hierdie jaar se geplante oes realiseer , hopelik nadat dit goed gereën het . Dan begin die volgende siklus eers weer .” Ons finansiële dienste besigheid is onder druk , beide wat terugbetalingsvermoë en marges aanbetref .
OORLEWING AAN DIE ONDERPUNT VAN DIE SIKLUS Senwes is konserwatief wat ons balansstaatbestuur , kontantvloei en kostelyn aanbetref . Personeel moet besef dat Senwes lanklaas personeelvermindering toegepas het . Ons bestuur ons sake juis so om dit te verhoed - dit is ’ n ding wat mens moet onthou . As jy jou kritiek of ongelukkigheid uitspreek moet jy baie mooi dink oor hierdie aspek . “ Die realiteit is dat ons selfs aan die onderpunt van die siklus moet oorleef .”
HOE LYK DIE RES VAN DIE FINANSIËLE JAAR – ’ N BLIK OP DIE VOLGENDE SES MAANDE In die ooste van die land het ons normaal tot bo-normale reënval gehad en aanplantings was feitlik 100 % in die maande van Oktober en November 2016 . In die sen­
> VERVOLG OP BLADSY 6
SENWES Scenario • FEB / MRT 2017
5