Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Page 62

•••• RUBRIEK

Verwag die beste : van ander , die lewe en veral van jouself !

FOTO : LEEF
60
MILANIE VOSLOO
’ N MENS SIEN ELKE JAAR SO UIT NA “ DIE EINDE VAN DIE JAAR ”. NA DIE TYD WAT ONS ALMAL SOMMER NET ONS HARE KAN LOSMAAK , ONS PROBLEME VIR ’ N WYLE KAN WEGPAK EN SOMMER NET GENÍÉT .

En dan ... voor ons ons oë uitvee , is die spesiale tyd ook verby en is ons reeds moeg gestoei aan die nuwe jaar . Vir party van ons is dit opwindend omdat ons nou weer die geleentheid het om nuwe grond te breek en vir ander is dit die voortsetting van die lekker en goeie wat reeds gewortel is . Maar elke fase van ons lewe gaan ook gepaard met ’ n mate van onsekerheid , spanning , dalk selfs verveling ... of miskien ’ n groot stuk seer .

Wat is jou verwagtinge vir en gesindheid teenoor die nuwe jaar ? Sien jy daarna uit om opnuut die goeie in God se sonsop komste raak te síén , om weer die oorvloed wat Hy bied , raak te hóór en die seën wat so maklik by ons verbywaai , te erken ? Gaan jy die positiewe en plusse in mense soek en dit uitlig ? Jou omstandighede met ’ n gesindheid van Wat-kan-ék-hieraan-doen benader ? Of het jy al soveel vertroue in mense en die lewe verloor dat jy oor die algemeen negatief is , altyd ander die skuld vir jou omstandighede gee of dalk maar Gods water oor Gods akker laat loop ?
Die waarheid is dat jou gesindheid teenoor mense en die lewe ... hul gesindheid teenoor jou gaan bepaal . Dat jy nie altyd beheer gaan hê oor hoe mense optree of wat die lewe jou bied nie , maar dat jy altyd in ’ n posisie is om plus-keuses uit te oefen .
Verwag vanjaar die beste van ander en van die lewe . Meer as dit : verwag die beste van jouself ! Want dit wat jy dink en glo , kan ’ n realiteit word en sal bepaal hoe jy voel . Hoe jy die lewe beleef . Dit geníét .
Weet : God wíl jou vanjaar seën . Bêre die woorde van Psalm 16:11 diep in jou hart en weet : dis waar vir JOU lewe . U wys vir my die lewenspad ; in u teenwoordigheid is vreugde en aan u regterhand is daar blydskap vir altyd .
Vader – help my om die béste wat U vir my wil gee , te verwag . En om daarna uit te sien .
FEB / MRT 2017 • SENWES Scenario

Wen ’ n boek

Stap die pad na vrede saam met Milanie Vosloo en die God van vreug de . In Jou Voetpad na VREDE vertel sy dat God wil hê Sy kinders moet deur Hom gelukkige en vervulde mense wees .
Die 366 dagstukke bespreek verskeie temas soos hoop , eerlikheid , nuut glo , gee en ontvang , geluk en jy kan maar net jý wees . Hierdeur sal lesers die versekering ontvang dat gelo wiges weer kan probeer omdat ons onder God se vergifnismantel leef , dat daar altyd hoop is ten spyte van donker oomblikke en dat ons mense met rustigheid kan wees omdat God ons lei .
Milanie se gebed vir haar lesers is dat Jou Voetpad na VREDE hulle sal oortuig dat God hulle nooit uit Sy hand sal laat val nie en dat hulle opnuut bewus sal word van Sy liefde en genade-arm om hulle .
Die boek behels 366 dagstukke in ’ n lekkerlees 412-bladsye uitgawe . Dit is vir R189.95 op die rakke . Die boek volg op Milanie se Sielskos vir die vrou wat lééf , Laat Sy liefde jou lei , Gekoester in God se liefde , Moed vir elke môre , Net soos jy is en Sielsgedagtes .
Wen met Senwes en Cum Uitgewers . Een gelukkige leser kan ’ n kopie van Jou Voetpad na VREDE , 366 koesteroordenkings op jou reis saam met die God van vreugde , wen . SMS Senwes , Cum , jou naam , telefoonnommer en e-posadres na 31 022 voor 31 Maart 2017 .
Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van Senwes mag deelneem nie . Vir die volledige kompetisiereëls , besoek die webtuiste www . senwes . co . za .