Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Page 61

TUINWENKE •••
•••••••

Lekker tuinwenke vir Februarie en Maart

Laat somer is ’ n wonderlike tyd , tuingewys , in die jaar .

Al die harde werk en beplanning dra nou vrugte . Blomplante en struike is nou op hul beste . Indien jy ’ n groente- en kruietuin het , pluk jy nou letterlik en figuurlik die vrugte .
Februarie is ’ n warm maand , so nou is dit tyd om deklae te hernu . Met al die reën wat ons gehad het is die grond nou hard en het die meeste van die bemesting gedreineer . Dit is voordelig vir jou tuin om die grond liggies los te maak ( nie te diep nie ) en met ’ n goeie organiese bemesting te behandel . Al die blomplante sal langer blom as hulle gereeld onthoof word . Dit geld nie net vir rose nie , maar alle plante . Somerbolplante se blomtydperk nader nou die einde . Moet onder geen omstandighede die blare afsny nie . Dit gee nou voeding aan die bolle vir volgende seisoen se groei . Indien dit regtig slordig lyk , rol die blare en maak dit vas met ’ n rekkie .
Dit is ’ n goeie tyd om jou tuin nou liggies te snoei . Moet egter nie te lank wag nie aangesien die nuwe uitloopsels moet verhard vir die aankomende winter . Die kannastokkie wat geblom het , kan op die grondvlak afgesny word .
Peste soos molkrieke , snywurms en vrugtetorre is nou volop . Indien jy twyfel oor die regte spuitstof sal jou naaste tuinsentrum jou van die nodige raad en produk kan voorsien .
Omdat Februarie so ’ n warm en droë maand is , is dit van die uiterste belang om jou tuin nat te hou . Die beste tyd om water te gee is vroegoggend en dan laatmiddag . Moet nie net liggies water gee nie aangesien dit veroorsaak dat die plante ’ n vlak wortelstelsel ontwikkel en dus gouer sal uitdroog en omval in ’ n sterk wind .
Indien jy jou eie saailinge wil kweek , is dit nou die tyd om jou saad te saai .
Cinerania , gesiggies , Ysland papawers , primulas , ornamentele kool en pronkertjies is maklik om te kweek en maak ’ n groot impak op ’ n tuin in die vaal wintersmaande .
Februarie is ook die blomperiode vir rose , so bemes nou en hou hulle nat .
Geniet die aanloop na die herfsgety en bly organies en gesond .
WEN EEN VAN TWEE GESKENKPAKKE TER
WAARDE VAN R655 ELK
HANNON se Intense Hydrating Moisturiser tesame met die Rehydrating Moisture Mask is ’ n vog- en energieopwekker ideaal vir droë , gedehidreerde , skilferagtige vel of enige iemand wat sukkel met ’ n dowwe gelaat .
Gebruik die Hydrating Moisture Mask tot twee keer ’ n week . Dit laat die vel opmerklik meer uitgeplomp lyk met ’ n pragtige glansende gelaat .
Die Intense Hydrating Moisturiser is ’ n baie ryk vogroom vir uiters droë en gedehidreerde veltipes , veral as jy in ’ n baie droë klimaatstreek bly . Gebruik die Intense Hydrating Moisturiser soggens en saans . Jou vel behou ’ n langdurige glans en voel soepel en bevogtig .
SMS Senwes , Hannon en jou naam , telefoonnommer en e-posadres na 31 022 voor 31 Maart 2017 om ‘ n kans te staan om een van twee geskenkpakke van HANNON se Intense Hydrating Moisturiser tesame met die Rehydrating Moisture Mask ter waarde van R655 elk te wen .
Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van Senwes mag deelneem nie . Vir die volledige kompetisiereëls besoek die webtuiste www . senwes . co . za .
Die wenners van die vorige uitgawes van Senwes Scenario is as volg : ( Oktober / November 2016 ): CUM : Sanette Dannhauser van Vredefort . Hannon : Marinda van der Merwe en Estie Kruger . ( Desember 2016 / Januarie 2017 ): CUM : Monica Lotter van Heilbron . Hannon : Aletta van der Westhuizen van Potchefstroom , Elna Steyn van Bloemfontein .
Bernina : Ina Rabe van Fochville . BAIE GELUK !
SENWES Scenario • FEB / MRT 2017 59