Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Page 58

••••
HANDELSNUUS

Ken jou Certisure personeel

Raak NOU ontslae van miere in en om die huis !

CHANTEL MULLER
AUBREY KRUGER
Binne en Buite
Knox Ant en Alphathrin
• Waarde-vir-geld konsentraat of gerieflike enkeldosisverpakking
• Beheer verskeie huishoudelike insekte
• Sterker konsentrasie
• Langdurige werking
• Geen vlek
• Reukloos
Om meer uit te vind oor ons volledige reeks produkte , kontak ons by 0861 PROTEK ( 0861 77 68 35 )
www . proteksa . co . za
Buite
Nip-it Ant Control
• Maklike toediening , geen vermorsing , geen vermenging , geen nat sproei
• Topgehalte Suid-Afrikaanse produk teen ‘ n verlaagde prys
• 99 % natuurlike bestanddele
• Baie lae toksisiteit vir diere en mense
• Geen prominente reuk , neutrale kleur
• Klein korrel , enige grootte mier kan dit optel
• Onnodig om nes oop te maak of normale mieraktiwiteit te versteur
• Wis hele kolonie uit , stadige vrystelling van aktief stel al die miere in die nes in staat om dit op te neem , insluitende die koningin
Knox Ant : Aktiewe bestanddeel : Diazinon 240 g / l , Registrasienommer : L7175 , VERSIGTIG , Registrasiehouer : Arysta LifeScience Suid Afrika ( Edms ) Bpk . Mpy . Reg . Nr . 2009 / 019713 / 07 . Alphathrin : Aktiewe bestanddeel : Alpha-cypermethrin ( Pyrethroid ) 100 g / l , Registrasienommer : L7850 , VERSIGTIG , Registrasiehouer : Arysta LifeScience Suid Afrika ( Edms ) Bpk . Mpy . Reg . Nr . 2009 / 019713 / 07 . Nip-It : Aktiewe bestanddeel : Hydramethylnon , Registrasienommer : L8579 , VERSIGTIG , Registrasiehouer : Prinswer Manufacturing ( Edms ) Bpk . Versprei deur : Protek , ‘ n divisie van PE BEE Agri ( Edms ) Bpk , Posbus 72 , Heidelberg , 1438 . Tel ( 011 ) 812 9800 of 0861 PROTEK ( 0861 ) 77 68 35 , www . proteksa . co . za
WAT DOEN JY BY CERTISURE EN WAT BEHELS JOU TAKE ? Ek is die makelaar by die Bultfontein tak . My take behels die hernuwing en administrasie van kliënte se polisse .
HOE HET JOU LOOPBAAN GEVORDER TOT NOU ? Ek het vir 8 jaar by ABSA gewerk en in 2014 het ek by die Certisure span aangesluit .
WAAR IS JY GEBORE EN WAAR HET JY GROOTGEWORD ? Ek is in Bloemfontein gebore en het in Bultfontein grootgeword .
WAAR HET JY SKOOLGEGAAN : LAER- EN HOËRSKOOL ? My laer- en hoërskool het ek by Bultfontein Hoërskool voltooi .
WAT WAS JOU PLANNE NA SKOOL ? Ek was nie seker wat ek na skool wou studeer nie en het toe werk by ABSA gekry en vir 8 jaar daar ge ­ werk voor ek by Certisure kom werk het .
HOE SIEN JY JOU TOEKOMS BINNE DIE MAATSKAPPY ? Om te groei as makelaar , sodat die Bultfontein tak ook kan groei .
WAT IS DIE BESTE RAAD WAT JY AAN JOU KLIËNTE SAL GEE ? Dat hulle noukeurig deur hulle polisskedules moet gaan wanneer dit vir hulle gestuur word . Hulle moet seker wees dat al die items wat dekking moet geniet op die polis verskyn en dat die versekerde bedrae korrek is . Dit skakel baie probleme en frustrasie uit teen die tyd wat ‘ n eis ontstaan .
HET JY ENIGE STOKPERDJIES ? Ek spandeer graag tyd saam met my gesin en familie . Ons kamp graag en ek hou daarvan om te lees en te hekel vir ontspanning .
FAMILIE ? Ek is al vir 7 jaar met Kleinjan Muller getroud , ons het 2 seuns , JG wat 5 jaar oud is en Isak wat 2 jaar oud is .
56
FEB / MRT 2017 • SENWES Scenario