Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Page 50

•••• NUUS

Kgolagano Sekondêre Skool besoek Viljoenskroon Silo

48

Op Vrydag , 21 Oktober

2016 , het meer as 40 leerders van die Kgolagano Sekondêre Skool Viljoenskroon Silo besoek .
Tydens die besoek het Senwes Opleidingsbeampte , Okker Botha , vir die leerders gewys hoe graan gegradeer , geberg , gelewer , in die silo gestort en uitgelaai word .
Hierdie besoek was die gevolg van ’ n navraag deur ’ n onderwyser by die skool , Jacob Maseola . Maseola is die Landboukundeonderwyser vir graad 10 tot 12 leerders by die skool .
Van die meer as 40 skoliere van Kgolagano Sekondêre Skool wat die Viljoenskroon Silo besoek het .
Volgens hom het die leerders baie geleer tydens hul besoek en ’ n toenemende aantal leerders oorweeg nou landbou as ’ n loopbaanopsie . “ Ek kan alreeds ’ n verbetering in hul punte sien na die silobesoek ,” het Maseola gesê .
Maseola sê dat die leerders baie voordeel getrek het uit die besoek , omdat die landbousillabus aspekte soos plantkunde , grondkunde en veekunde insluit . “ Dit was vir hulle interessant om te sien hoe die graan in die buise geberg word , hoe daarna omgesien word en , meer belangrik , hoe die gradering van monsters gedoen word en hoe die graan berook word .
Hy het daarop gewys dat Botha se insette uiters waardevol was , veral die praktiese lesse . “ Op skool is die leerders slegs blootgestel aan teorie en hierdie besoek het hulle gehelp om die sillabus selfs beter te verstaan omdat hulle alles prakties kon waarneem .”
Die skool se besoek was tweeledig van aard , aangesien hulle ook die plaaslike slagpale besoek het . Terwyl een span die Senwes silo ’ s besoek het , het die ander span die slagpale besoek . Die leerders het die besoek geniet en die skool sal graag verdere besoeke wil skeduleer .
uppe marketing A15267 / SS
Beesvet 33 +, ’ n spesiaalgeformuleerde proteïenkonsentraat , verseker ekonomiese vleisbeesafronding met die laagste koste per kg massatoename . Die ionofoor wat ingesluit is bevorder voeromset en groei en voorkom voedingsteurnisse en koksidiose om maksimum wins te verseker . Met Beesvet 33 + sien jy nie net die verskil nie , jy voel dit ook aan jou sak .

’ N BUL IN TOP KONDISIE . PRAGTIG !

Danksy Beesvet 33 + is ons vleisbeeste in puik kondisie en het
hulle die regte spierbou en massatoename vir veilings en skoue .
Dankie Molatek ! – Robert Selenati , Hekpoort , Gauteng .

MOLATEK

BEESVET 33 +

Beesvet 33 + ( V17357 ) ( Wet 36 van 1947 )
EPOL & MOLATEK
Vir meer inligting oor spesifieke voere en dienste , kontak : EPOL : + 27 ( 0 ) 31 242-8600 | www . epol . co . za MOLATEK : + 27 ( 0 ) 13 791-1036 | www . molatek . co . za RCL FOODS : www . rclfoods . com

Sukses is in die sak