Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Page 47

DRUPPELS OP DIE DAK •••
•••••••

Hoe verloop die seisoen ?

THYS GROBBELAAR SENIOR GRAANANALIS , SENWES GRAINLINK
REËNVAL HIERDIE SEISOEN Die vorige seisoen sal menige produsent en landsburger onthou as een van die droogste seisoene in die geskiedenis . Dit was veral die westelike gedeelte van die somersaaigebied wat die ergste deurgeloop het . Die meeste weervoorspellingsdienste in die wêreld het ’ n La Niña-tipe sei soen vir 2016 / 17 voorspel , wat die landbouers gewoonlik moed gee aangesien dié tipe seisoen gewoonlik aanleiding gee tot bo-gemiddelde reënval en gepaardgaande beter opbrengste . Die meeste voorspellingsdienste het voorspel dat die reënval later as normaal gaan begin . Dié voorspelling was redelik in die kol . Die oostelike gedeelte van die somerreënvalgebied het gedurende November goeie reën ontvang en kon produsente begin plant . Die reën het egter weggebly in die sentrale en westelike Vrystaat . Die meegaande kaart dui die reënvalsituasie teen die einde van Desember aan . Die Bultfontein , Wesselsbron en Hoopstad gebiede het nog minder as 50 % van die langtermyn reënval ontvang . Daar kon nog nie op groot skaal geplant word nie . Produsente was bekommerd en selfs neerslagtig oor die moontlikheid van nog ’ n droogte .
Teen die einde van Desember het produsente in die westelike gedeelte van die somersaaigebied erge sandstorms beleef wat vir dae aaneen geduur het . Die bostaande foto dui die omvang van die sandstorms in die Bloemfontein
omgewing aan . Groot oppervlaktes mielies , sonneblom en selfs sojabone het doodgewaai en moes oorgeplant word . Gelukkig het reën teen die einde van Desember begin val en kon produsente betyds oorplant .
Die reënvalsituasie het gedurende Januarie drasties verbeter en die onderstaande kaart dui die reënval vir
Sandstorms in Bloemfontein-omgewing
Januarie 2017 oor die tradisionele Senwes gebied aan . Behalwe vir ’ n
> VERVOLG OP BLADSY 46
DIE JANUARIE 2017 REËNVAL AS % VAN DIE LANGTERMYN JANUARIE REËNVAL
SENWES Scenario • FEB / MRT 2017 45