Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Page 43

GRAANMARKVOORUITSIGTE •••
•••••••
Grafiek 1 . Die Maart 2017 witmieliekontrak prysverloop op JSE / Safex .
Grafiek 2 . Die prysverloop van die Julie 2017 witmieliekontrak op die JSE / Safex .
Grafiek 3 . Die prysverloop van die Maart 2017 wit- en geelmieliekontrak op die JSE / Safex .
na die berekende invoerpariteit van Meksikaanse witmielies gelewer te Randfontein , beweeg . Daar is begin onderhandel met die Departement van Landbou om geneties gemanipuleerde witmielies van die VSA af in te voer . Daar is wel gedurende April 2016 GM-vrye mielies van die VSA ingevoer . Die mielies was ook duur omdat daar ’ n premie van tot $ 45 per ton op GM-vrye
Amerikaanse witmielies was .
Goedkeuring is uiteindelik verkry en die eerste GM-witmielies het teen Desember 2016 in Suid- Afrika aangekom . Met die gerugte dat Amerikaanse GM-witmielies ingevoer kan word , het die witmielieprys teruggesak tot die berekende invoerpariteit van ingevoerde Amerikaanse GM-witmielies . Dit het reeds gedurende Oktober 2016 begin gebeur . Verder het die rand versterk , wat ook negatief op die prys impakteer . Graanhandelaars en verwerkers het berekeninge begin maak en is die mening toegedaan dat Suid-Afrika wel met die bestaande oordragvoorraad die nuwe bemarkings jaar sal haal sonder probleme soos tekorte . Verder het dit baie goed begin reën sedert Desember 2016 en is die mark van mening dat daar ’ n baie groot oes op pad is .
Grafiek 1 dui die Maart 2017 prysbeweging van witmielies op Safex aan . Die Maart 2016 witmielieprys het met ongeveer R1 200 gedaal sedert November 2016 . Handelaars en spekulante moes later hulle posisies ten opsigte van die Maart 2017 ont ruim en dit het verder tot die daling aanleiding gegee .
Grafiek 2 reflekteer weer die mark se siening van die nuwe seisoen situasie ten opsigte van witmielies . Dit is die witmielie Julie 2017 kontrak prysbeweging . Die witmielieprys het met meer as R800 per ton gedaal sedert die helfte van Desember 2016 . Die daling het gekom sedert dit algemeen en goed oor die grootste deel van die somerreënvalgebied gereën het . Die voorspelling van ’ n La Niña klimaatsepisode het ook die prys onder druk geplaas . Volgens berekeninge gaan daar ’ n surplus witmielies realiseer wat of uitgevoer moet word of na die
> VERVOLG OP BLADSY 42
SENWES Scenario • FEB / MRT 2017 41