Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Page 40

•••• RUBRIEK

Safex Scenario ’ s met Susari

SUSARI GELDENHUYS
38
INLEIDING Suid-Afrikaanse graanpryse was die afgelope tyd besonders volatiel weens onsekerheid oor wat die toekoms mag inhou vir die graanmark . Toekomstige voorraadvlakke , invoere , hektare aangeplant en opbrengste is slegs ’ n paar van die faktore wat onsekerheid ( en dus prysvolatiliteit ) in die mark versoorsaak het . Volatiele markomstandighede sal hierdie seisoen voortduur totdat daar meer sekerheid oor die verskeie bogenoemde faktore is . Hierdie volatiele omstandighede bemoeilik goeie verskansings- en beleggingsbesluite vir alle markdeelnemers . Daar bestaan egter twee algemene hulpmiddels in die vorm van fundamentele analise en tegniese analise wat sal bydra tot ’ n hoër waarskynlikheid van sukses wanneer so ’ n besluit oorweeg word .
Fundamentele analise en die basis van tegniese analise is reeds in vorige artikels bespreek . Die vorige artikel het op die baisis van ontleding van verskeie prysformasies gefokus , meer spesifiek die bepaling van ondersteunings- en weerstandsvlakke . Die onderstaande artikel brei verder hierop uit deur die ontleding van verskeie prysformasies .
PRYSFORMASIES Prysformasies kan gedefinieer word as ’ n grafiese patroon van prysbewegings wat bepaal word deur verskeie ondersteunings- en weerstandslyne . Daar bestaan ’ n hoë waarskynlikheid van sukses indien die formasies reg herken
FEB / MRT 2017 • SENWES Scenario
Grafiek 1 : Simmetriese Triangle . BRON : SAAMGESTEL DEUR OUTEUR .
en geïnterpreteer word . Die mees algemeen gebruikte formasies wat normaalweg op ’ n voortsetting van die voorafgaande tendens dui , sluit in : Triangles , Flags en Wedges .
Triangles Beskou as een van die eenvoudigste prysformasies , is Triangles maklik herkenbaar met redelike duidelike toekomstige prysdoelwitte . Die prysdoelwitte word hoofsaaklik bepaal deur die lengte van die breedste gedeelte van die driehoek te meet en toe te pas op die uitbreekpunt ( uit die formasie uit ) om die volgende ondersteuning ( afwaarts uitgebreek ) of weerstand ( opwaarts uitgebreek ) te bepaal . Die formasie vorm oor ’ n medium termyn , en kan selfs oor ’ n lang termyn vorm . Daar kan drie tipes Triangles vorm , naamlik simmetries , stygend en dalend .
i ) Simmetries ’ n Simmetriese Triangle vorm deur twee lyne wat konvergeer na mekaar , met die pryse wat elke lyn ten minste twee keer toets . Let op dat dit algemeen aanvaar word dat ’ n Triangle wat meer kere die ondersteunings- en weerstands lyn toets , meer akkuraat geïnterpreteer kan word . Pryse vorm laer hoogtepunte en hoër laagtepunte op so ’ n manier dat die ondersteunings- en weerstands lyne sorg vir die simmetriese voorkoms van die driehoek . Die simmetriese Triangle word nie algemeen ge bruik in die Suid-Afrikaanse agri-mark nie . Grafiek 1 is ’ n grafiese voorstelling van ’ n simmetriese Triangle .
ii ) Stygend / Dalend Die stygende en dalende Triangleformasie is soortgelyk aan die simmetriese Triangle , met die verskil dat die ondersteunings- of weerstandslyn horisontaal is . In die geval van ’ n stygende Triangle , vorm ’ n horisontale weerstandslyn , met hoër laagtepunte wat ’ n opwaartse ondersteuningslyn vorm . Die teenoorgestelde is waar vir ’ n dalende Triangle , waar ’ n horisontale ondersteuningslyn gepaard
1
Formasies wat normaalweg dui op ‘ n tendens ommekeer word in die volgende artikel bespreek .