Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Page 4

••••

Dis ’ n nuwe jaar hoofredakteur Marlon Abrahams Tel : 018 464 7349 marlon . abrahams @ senwes . co . za

“ DIS ‘ N NUWE JAAR , ONS IS DEURMEKAAR ” OF LIEWER , SO SÊ DIE KAAPSE KLOPSE . MAAR VIR DIE LANDBOUSEK- TOR IS DIE NUWE JAAR HOPELIK ‘ N GOEIE EEN ! ONS ALMAL SIEN UIT NA ‘ N SUKSESVOLLE JAAR EN HET REEDS DIE AANVOORWERK GEDOEN OM DIE JAAR AAN TE PAK .

Hier by Senwes gee ons

Groep Hoof Uitvoerende Beampte , Francois Strydom vir ons sy blik op die tussentydse resultate wat onlangs uitgereik is . Dan is Nasie in Gesprek ook weer op die voorgrond met die nuwe reeks wat vroeg in die jaar begin het en in Februarie tot April in alle erns sal voortgaan met talle landboukwessies wat hanteer word .
Ons gaan in die nuwe jaar aan met ons areafokusse en Wesselsbron is aan die beurt as ons voorste mielieproduserende gebied in die land . Ons fokus op uniekhede in hierdie klein Vrystaatse dorpie asook op al die rolspelers in die gebied met die fokus in Kollig wat op produsent Chris Schoonwinkel val .
Ons fokus ook op 2016 se SA Stoetteler van die Jaar , Johan Styger , wat ons meer oor sy
stoet vertel en ’ n paar raakvatwenke gee rakende veevoeding . 2017 gaan ook ’ n groot jaar vir Westfert kunsmis wees met hulle nuwe kunsmisstoor wat in April 2017 voltooi sal wees . Al hierdie planne laat die fokus opnuut op nuwejaarsvoornemens val . Dit is interessant dat voornemens veral in moeilike tye gemaak word . Na die groot depressie in die vorige eeu het nuwejaarsvoornemens omtrent die hoogte ingeskiet . Van 25 % van die mense in daardie tyd tot omtrent 50 % wat hierdie jaarlikse ritueel uitvoer .
Nuwejaarsvoornemens spruit uit die begeerte om ongewenste gedrag te verander . Interessant is dat die Romeine beloftes aan die begin van elke jaar aan die god Janus gemaak het , na wie die maand van Januarie vernoem is . So is daar baie tradisies in baie kulture .
In ’ n 2007 studie het Richard Wiseman bevind dat 88 % mense wat nuwejaarsvoornemens het , egter misluk met die nakoming daarvan , ondanks die feit dat meer as die helfte baie positief was oor hulle doelwitte . Die raad van kenners is dat jy nie te veel moet aanpak nie , realistiese doelwitte moet stel en voortdurend rekord hou van jou vordering . Wat ook al jou planne is vir die nuwe jaar , maak 2017 ’ n onvergeetlike jaar !
Aubrey Kruger
REDAKTEUR redakteur Aubrey Kruger Tel : 018 464 7449 aubrey . kruger @ senwes . co . za
advertensies Mariëtte Hugo Tel : 018 464 7505 mariette . hugo @ senwes . co . za
ontwerp en uitleg Mercia Venter mercia . venter @ senwes . co . za
medewerkers Ds Carel Botma , Ds Willie Botha , Lucas Coetsee , Carl Fourie , Japie Fransman , Thys Grobbelaar , Jenny Matthews , Susari Geldenhuys , Gerrit Oosthuizen , Jan Serfontein en Milanie Vosloo .
subskripsie Marie Erasmus Tel : 018 464 7568 Faks : 018 464 7772 marie . erasmus @ senwes . co . za
eienaar Senwes , Posbus 31 , Klerksdorp , 2570 Tel : 018 464 7800
drukwerk Colorpress Tel : 011 493 8622
• Alle regte van die inhoud van Senwes Scenario word voorbehou ingevolge die bepalings van Artikel 12 ( 7 ) van die Wet op Outeursreg .
• Die eienaar en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige uitlatings in advertensies , promosie-artikels of deur medewerkers nie .
2
FEB / MRT 2017 • SENWES Scenario