Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Page 38

•••• HANDELSNUUS

WESSELSBRON WERKSWINKELBESTUURDER

REON VAN DER LINDE spog met ’ n gedugte span

36
REON VAN DER LINDE HET 27 JAAR GELEDE , IN 1990 , BY SENWES BEGIN WERK . HY HET DAARDIE TYD AS VAKLEERLING BY BULTFONTEIN GEKWALI- FISEER , WAARNA HY WERKTUIGKUNDIGE BY BOTHAVILLE EN BULTFONTEIN WAS .
AUBREY KRUGER

Vanaf 1999 tot 2000 het hy die pos as werkswinkelbestuurder by Hartswater beklee voordat hy as plaasbestuurder by Sandvliet Boerdery van Piet Naude by Welkom gaan werk het . In 2013 keer hy terug na die groen span . Hy werk hom weer op van werktuigkundige by Wesselsbron tot afloswerkswinkelbestuurder en sedert Maart 2016 is hy in beheer as werkswinkelbestuurder by Wesselsbron .

KLANTGEFOKUS Vir Reon is dit belangrik om totaal klantgefokus te wees - “ Om kontak te maak en deurlopende terugvoering te gee .” Maar gelukkig vir Reon is dit so deel van hom om te kommunikeer , dat hy dit maklik vind – “ My persoonlikheid laat baie spasie daarvoor . Ek hou daarvan om mense op hoogte te hou en ek hou ook daarvan om op hoogte te wees .” Om ’ n klant te help is eintlik heel eenvoudig - “ Gee hom wat hy wil hê dan is hy gelukkig .” Dan vertel Reon dat goeie en vinnige
FEB / MRT 2017 • SENWES Scenario
diens gelewer moet word . Dan die heel belangrikste : “’ n Klant wil nie voel hy is laaste in die ry nie . Hy wil voel hy is eerste .”
‘ N GEDUGTE WESSELSBRONSPAN Reon kan nie uitgepraat raak oor hulle goeie span by Senwes nie . “ Met dié span bestuurders hier , saam met die onderdele en verkoopspanne , het ek genoegsame ondersteuning . Almal van ons is ’ n span en sonder hulle sal dit regtig nie ’ n suksesvolle werkswinkel wees nie .”
“ Dan my ambagsmanne wat saam met my werk . Hulle het respek vir my en ek vir hulle .” Wedersydse respek is ‘ n baie belang rike konsep by ons .
Hier is regtig goeie ambagsmanne . “ Myburgh de Bruyn is een van hulle . Hy is my skaakstuk . Hy lok almal . “ As jy presteer deur gemotiveerd en doelgerig te wees , gaan jy geld maak in hierdie werks winkel . Jy kan nie halfmas loop nie , want dan wapper jou vlag nie lekker as hy nie tot bo gehys is nie .
Hy sê dat hulle as geheel uitstekende diens lewer en as daar probleme opduik dan hanteer hulle dit eenvoudig . Reon vertel dat die afgelope seisoene baie moeilik was : “ Die droogte het ons weer hard grond toe gebring , waar jy weer jou Skepper van voor af leer ken het . In so ’ n tyd kan jy nie net hart verloor nie , maar ook kop verloor .”
Hulle diens die produsente binne ’ n radius van 30 km , maar dan ook dorpe soos Allanridge , Makwassie , Theunissen , Virginia en Winburg . “ Hier is produsente wat ook grond het in Vierfontein en Bloemhof . En hulle werk net met ons .”
NUWE TAK Reon is in die wolke om in die nuwe tak te werk wat in 2014 opgerig is . “ Dit is ’ n eer om in so ’ n groot werkswinkel te kan werk wat gemoderniseer is met die meeste toerusting wat ook nuut is .” Hy vergelyk die werkswinkel met dieselfde gevoel wat jy kry met die reuk in ’ n nuwe motor .
FAMILIE Reon het in Orkney , Klerksdorp en Wolmaransstad grootgeword . Hy was in Laerskool Orkney en Noordvaal . Wesvalia en Wolmaransstad is die twee hoërskole wat hy bygewoon het . Reon was vroeër vanjaar , op 14 Januarie , reeds 23 jaar met sy vrou Ronel getroud en hulle het twee kinders , ’ n seun Rudi en ’ n dogter Riana .