Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Page 36

••••
HANDELSNUUS

Tonne ervaring by jou Wesselsbron senior graanbemarkingsadviseur

34
DANIE PRETORIUS IS IN JULIE 2016 TOT DIE POSISIE VAN SENIOR GRAANBEMARKINGS- ADVISEUR BY WESSELSBRON BEVORDER . NET DIE REGTE MAN VIR DIE POSISIE !
AUBREY KRUGER

Die ingeligte Scenario leser sal onthou dat ons reeds in 2015 op Danie gefokus het , toe hy nog by Hoopstad werksaam was . Hierdie nuwe titel is die 39- jarige beskore na hy al vir 21 jaar by die landboureus werksaam is .

Danie hanteer ’ n wye gebied , vanaf Wesselsbron tot Hoopstad en Odendaalsrus . Waar hy in die verlede op homself en sy klante gefokus het , het hy nou drie personeellede tot sy beskikking om hom by te staan om uitstekende diens in hierdie groot mielieproduserende gebied te lewer .
By Wesselsbron is Graanverkrygings assistent , Ronel van der Linde werksaam met Jurie Bezuidenhout , die graanbemarkingsadviseur , op Hoopstad en Herman de Jager wat dié pos by Odendaalsrus beklee - Herman het self in die vorige Senwes Scenario verskyn .
NUWE UITDAGINGS Wat Danie veral geniet is die uitdagings wat die werk aan hom stel om personeel te bestuur . Sy doelwit is om hulle te help om hul eie doelwitte te bereik . Dan ook om as voorbeeld te lei .
FEB / MRT 2017 • SENWES Scenario
Sy meer as twee dekades se ondervinding maak hom die perfekte kandidaat vir sy nuwe rol . Benewens 21 jaar diens is hy al vanaf 2004 in graanbemarking , met drie jaar se ondervinding in Odendaalsrus en 11 jaar by Hoopstad . So , raad kom van ’ n ingeligte bron . Benewens die ervaring gee hy sy personeel ook wat hulle nodig het , naamlik om ingelig te bly .
STRATEGIEË Hy vertel dat die area wat hulle diens nogal baie uniek is en verskillende strategieë in elke area gebruik moet word – “ Elke area se boere het ander sienings .” Daarom moet hulle ook anders gediens word . Wesselsbron en Hoopstad het groter produsente en is ’ n baie noue gemeenskap . Aan die ander kant is Odendaalsrus meer van ’ n mynbouwêreld wat weer sy eie uitdagings het . Hier is die produsente ook oor die algemeen kleiner as in Wesselsbron en Hoopstad .
NUWES BETREE DIE MARK Danie sê dat mededingers toenemend die mark probeer betree . Iets wat elke jaar , sedert die vryemarkstelsel ingestel is , toeneem . Hy en sy personeel hou tred met nuwe tendense in die mark en verder soek hulle ook nuwe markte vir die produsente om mede dingend te kan bly want - “ Al hoe meer wil ’ n deel van die koek hê .”
‘ N VOLLEDIGE DIENSPAKKET VIR KLANTE Met hulle rolle baie goed uitgelê , stel Danie nog doelwitte vir sy personeel om gereeld die voordele van Senwes uit te lig , soos dat graan met ’ n voginhoud van tot en met 18 % ontvang kan word . Verder help hulle ook klante om maksimale voordeel uit beloningstelsels soos AgriRewards te put . “ Die meeste sukses word behaal as jy dit self aan die klante verduidelik en hulle bystaan met byvoorbeeld die registrasieproses .” Sodoende het dit nie net vir klante ’ n voordeel nie , maar vergroot jy ook jou markaandeel .
Buiten die Viljoenskroon-gebore man se kennis as graan verkryger bring hy ook sy silo-ervaring na die tafel wat hy as senior gradeerder by Wesselsbron Silo , hulpsilobestuurder by Schoonspruit Silo en silobestuur der by Wesselsbron opgedoen het .
Vir uitstekende diens , maak gerus ’ n draai by Danie !