Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Page 33

•••••••
DEEL II
HANDELSNUUS •••

Hoe het graanhantering oor tyd verander ?

NA DIE INTERESSANTE EERSTE DEEL IN DIE VORIGE UITGAWE OOR HOE GRAAN- HANTERING OOR TYD VERANDER HET , HET HIERDIE DEEL NÓG INTERESSANTE FEITE OOR ONDER MEER SILO ’ S EN MIELIESAKKE .
THYS GROBBELAAR SENIOR GRAANANALIS , SENWES GRAINLINK

Gedurende die middel twintigerjare het die

Spoorweë verskeie sogenaamde B-silo ’ s gebou langs spoorlyne wat verbind is aan die kus . Die doel was om uitvoere te vergemaklik deur mielies in massa te hanteer . Die volgende foto dui die voltooide B-silo aan wat op Viljoenskroon in bedryf gestel is . Die foto is gedurende 1937 geneem . Die betrokke silo is reeds gedeeltelik afgebreek . Die mielies is steeds in 90 kilogram sakke met wa en osse na die silo aangery en in die silo se bunker uitgegooi . Die hele hante ringsproses van mielies was dus met die hand . Die kapasiteit van die B-silo ’ s was tussen 2 000 en 6 000 ton . Enkele van die B-silo ’ s is nog steeds in gebruik , selfs in die Senwes gebied .
Teen die einde van die sestigerjare het die onderskeie koöperasies ernstig begin met silobouprogramme , in terme waarvan vertikale beton silo ’ s opgerig is . Die silobouprogram het eintlik eers aan die begin van 1970 in volle swang gekom en teen die helfte van die tagtigerjare was dit grootliks afgehandel . ’ n Voorbeeld van so ’ n vertikale betonsilo is dié een op Buckingham , naby Ventersdorp . Dié betrokke silo is gedurende 1978 gebou en het ’ n losmaatkapasiteit van 90 000 ton .
HOE HET DIE GEWIG VAN ’ N SAK MIELIES OOR TYD VERANDER ? Mielies is sedert 1900 tot teen die einde van die sestigerjare in 90 kg imperiale sakke in Suid-Afrika hanteer . Na die sestigerjare is daar oorgeskakel na ’ n sogenaamde 70 kg metrieke sak . Sedert die negentigerjare is mielies in 50 kg sakke uitgeweeg vir verkoop in die kleinhandel of vir uitvoer na Afrika . In die Europese Unie mag ’ n sak wat deur mense hanteer word byvoorbeeld nie swaarder as 25 kg weeg nie .
Dit laat ’ n mens wonder of dit beteken dat die mensdom se fisie ke krag besig is om af te neem !
Vervoerbande wat die mielies tot op die voertuig of op die mieliestapel kon vervoer , het later jare die hantering van mielies effens vergemaklik . Dit het die inspanning om mielies te hanteer effens verlig . Die gewig van die mieliesak was steeds 90 kilogram . Onthou , die mieliesak was veel swaarder as die gemiddelde persoon wat dit moes dra , en dit op sy kop . Die volgende foto dui aan hoe mieliesakke van die stapel tot op ’ n vragmotor hanteer is .
SENWES Scenario • FEB / MRT 2017 31