Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Page 32

••••
HANDELSNUUS

Op pad na ’ n groot toekoms : Senwes help opkomende boere

30
’ N AANTAL OPKOMENDE BOERE WORD DEUR DIE SENWES ONTWIKKELINGS- PROGRAM ONDERSTEUN . HOE WERK DIE PROGRAM ?

Sleutelrekeningbestuurder en landboukundige by Senwes , Julias Ramohlabi , verduidelik dat daar verskillende fases is waardeur opkomende boere moet gaan tydens die program .

Daar is eerstens ad hoc-boere , opkomende boere wat in die Intensiewe Ondersteuningsprogram is en dié wat reeds die program suksesvol voltooi het .
Kom ons begin by die begin . Hoe moet die profiel van die opkomende boer lyk voordat hy vir die program oorweeg sal word ? Wat is die kriteria ?
DIE KRITERIA WAARAAN OPKOMENDE BOERE MOET VOLDOEN 1 . Eerstens moet die opkomende boer op ’ n voltydse basis met kontantgewasse boer .
2 . Hulle moet oor besigheidsvernuf beskik .
FEB / MRT 2017 • SENWES Scenario
3 . Hulle moet ook oor die nodige dokumentasie beskik , soos huurooreenkomste , titelaktes , ensovoorts .
4 . Dit sal ook voordelig wees as hulle oor meganisasietoerusting op die plaas beskik .
VOORDAT ’ N OPKOMENDE BOER IN DIE PROGRAM AANVAAR WORD , MOET ’ N HULPBRON-EVALUASIE GEDOEN WORD Hulpbronevaluasie , soos byvoorbeeld grondklassifikasie , word gedoen om die grondpotensiaal van die plaas te bepaal , naamlik of die grond ’ n hoë , medium of marginale potensiaal het . Dit word gevolg deur aanbevelings , byvoorbeeld of kalktoedienings moet plaasvind , die tipe oes wat die boer behoort te plant , landboupraktyke , soos byvoorbeeld of hy eerder moet ploeg of rip .
WAT IS DIE BELANGRIKSTE VOORDELE VAN DIE SENWES ONDERSTEUNINGS- PROGRAM ? Die boere kan toegang kry tot finansiële bystand deur Senwes Credit . Daarbenewens kan hulle ook tegniese advies bekom deur middel van ’ n mentor en hulle verkry marktoegang vir hul produkte .
Twee van die opkomende boere , Simon Tefo en Herbert Mabuza met sleutelrekeningbestuurder en landboukundige by Senwes , Julias Ramohlabi .
BASIES ’ N EENSTOPWINKEL Julias dui met oortuiging aan dat opkomende boere Senwes as hul 24 / 7 Eenstopwinkel beskou . Daar is voordele aan verbonde om deel van die program te wees , soos opleiding en blootstelling aan ’ n aantal ander segmente in die wêreld van landbou . Senwes hou hulle ook ingelig oor Safex , verhandeling en stel hulle voor aan graanverkrygers , ensovoorts .
“ Ons begin meestal heel voor met die opkomende boere .” Julias het 10 jaar ondervinding by Senwes . Hy is in 2007 as junior landboukundige aangestel en is later bevorder tot landboukundige . In 2016 is hy tot sleutelrekeningbestuurder bevorder , wat beteken dat hy die totale portefeulje van opkomende boere hanteer .
5-JAAR MENTORSKAPPROGRAM Julias verduidelik dat die boere in die Intensiewe Ondersteuningsprogram ’ n intensiewe moniterings proses deurloop . Hy voeg by dat hy hulle minstens een maal per week op hul plase besoek , soms meer dikwels in dien nodig . Na afhandeling van die 5-jaar mentorskapprogram ontvang hulle ’ n Sertifikaat van Erkenning .
Daar is tans ’ n paar boere op die program , soos Herbert Mabuza en Wesley Monyatsi , om maar ’ n paar te noem , waarop ook gefokus is in vorige uitgawes van die Senwes Scenario . Hierdie opkomende boere is deur die Senwes gebied versprei met ’ n paar in Vereeniging , Randfontein en Ventersdorp . Julias vertel dat die boere wat reeds op die program is ,
> VERVOLG OP BLADSY 32