Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Page 18

••••
HANDELSNUUS Johan Styger is die 2016 Suider- Afrika se Stoetteler van die Jaar .

2016 SUIDER-AFRIKA SE

Stoetteler van die Jaar

Simmentalers is sy beesras van keuse .
SENWES SCENARIO HET IN JANUARIE BY DIE 2016 SUIDER-AFRIKA SE STOETTELER VAN DIE JAAR , JOHAN STYGER , GAAN INLOER OM ’ N BIETJIE MEER OOR DIE BOBAAS TELER TE WETE TE KOM EN SY DENKRIGTING TE VERSTAAN .
AUBREY KRUGER
DIE TITEL IS SYNE Om mee te begin het Johan spreekwoordelik al sy rekeninge betaal as dit by hierdie Pick ’ n Pay , Landbouweekblad en Breedplan se Stoetteler van die Jaar-kompetisie kom . Hy het nie net die 2016 kompetisie gewen nie , maar het ook in 2015 tweede gekom en spog ook met ’ n skaflike derde plek in 2014 . Buiten die titel was hy ook die 2016 Noordwes LNR streekswenner .
OOR SY BOERDERY OP SCHOEMANSFONTEIN Johan boer op die plaas Schoemansfontein tussen Klerksdorp en Hartbeesfontein in die Noordwes provinsie en besit BTB Simmentalers ( Boekenhout Trust Boerdery ). Dié siviele ingenieur het in 2003 sy boerdery juis hierheen geskuif om nader aan sy plaas te wees , wat sowat 1 019 ha beslaan , waar 180 vroulike diere gehou word .
WAAR HET ALLES VIR HOM BEGIN ? Die gebore Klerksdorper vertel dat sy pa , Sampie , in 1977 in Rooiberg tussen Warmbad en Thabazimbi geboer het . Johan het met Simmentalers grootgeword nadat die familie dié ras in 1965 ingevoer het . Hy noem dat hy in die begin met beide Simbras en Simmentalers geboer het maar , in sy eie woorde , het “ die Simmentalers die Simbras op hierdie plaas uitpresteer .”
ONTWIKKELINGSBESTUUR IS SY DAGTAAK Die naweekboer , soos hy homself noem , praat passievol oor sy werk en boerdery : “ Ek doen net
16
FEB / MRT 2017 • SENWES Scenario