Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Page 15

Die nuwe Wesselsbron Hinterlandtak is in 2014 gebou .
AREAFOKUS •••
•••••••
Johnny Bezuidenhout is die Hinterland takbestuurder .
deurlugtingswaaiers . Nog ’ n deurlugtingswaaier is by silo 277 geïnstalleer en twee by Silo 234 .
OUD-SILOBESTUURDER DAVID MARAIS Produsente in die gebied sal ook die oud-silobestuurder op Wesselsbron onthou . Hy het vir 27 jaar vir Senwes gewerk , waarvan die laaste twee dekades as silobe stuurder was , en vertel dat dit glad nie ongewoon was dat die silo in sy jare twee tot drie keer vol was nie .
Van Senwesters gepraat , ander bekende Senwesters op die dorp sluit in oud-Senwes direkteur WH van Zyl en sy seun , Thabo van Zyl , wat een van die huidige direkteure is .
Nuwe Hinterland tak in 2014 baan die weg
JOHNNY BEZUIDENHOUT JOU TAKBESTUURDER Johnny Bezuidenhout is die takbestuurder by Wesselsbron . Hy is ’ n man van die area , vir die area . Hy verstaan die mense van hierdie boerewêreld en werk al sedert 1994 hier . Vir agt jaar was hy die takbestuurder by Wolmaransstad en sedert 2013 is hy die takbestuurder by Hinterland in Wesselsbron .
WINKELGESKIEDENIS ’ n Bietjie meer oor die geskiedenis - oud-winkelbestuurder en huidige verhoudingsbestuurder , Flip Tait het ons meer vertel . Flip is al sedert 1967 by Senwes werksaam en ken die geskiedenis . Die nuwe tak het in September 2014 hier in PL Kotzestraat 10 geopen , slegs ’ n jaar nadat Flip vir 10 jaar die winkelbestuurder , vanaf 2003 tot 2013 , was . Die winkel en die vulstasie was in die verlede wel hier , sedert Sentraalwes in 1964 hier geopen het . Die meganisasieafdeling was egter eers nie hier nie en was in Grossmanstraat geleë en die stoorgedeelte was vanaf die oorname van Kroonstadwes op 3 April 1992 , in die industriële gebied geleë .
UNIEKHEDE VAN DIE TAK Deur John Deere handhaaf hulle ’ n 96 % meganisasiemarkaandeel . Hulle is dan ook die grootste mega nisasieafdeling in die Senwes area . Die ou sleutel van die eerste winkel is gevind toe 30 personeellede kartonhouers aangegee het in ’ n treintjieformasie . Toe dié spesifieke houer op die vragmotor gegooi word , het die sleutel uitgeval en verkoopsklerk Vlooi Barnard het dit gevind .
KERKE Daar is verskeie kerke op die dorp , waaronder die NG Kerk Moedergemeente wat in 1939 gebou is . Dit is ontwerp deur Gerard Leendert Pieter Moerdijk , wat ook verantwoordelik was vir die ontwerp van die Voortrekkermonument in Pretoria en die NG Kerk in Piet Retief .
Die Hoeksteen van NG Kerk- Noord is in 1966 gelê en in 1967 amptelik geopen . Die kerk is ontwerp deur ’ n meneer Hartman .
Daar is ook ’ n AGS en APK kerk wat later tot stand gekom het .
Interessanthede in die dorp
KOKERBOOM Daar is ’ n enkele kokerboom in Bredenkampstraat in die dorp , net om die draai van die moedergemeente . Wat dit raar maak , is dat hierdie Panneveld nie eintlik gekenmerk word deur kokerbome nie .
BOESMANTEKENINGE So ’ n entjie uit die dorp is daar ook boesmantekeninge op die plaas Boschkop gevind en inwoners vertel dat daar al 80 boesmangravure gevind is .
> VERVOLG OP BLADSY 14
Die Wesselsbron silokompleks is met sy kapasiteit van meer as 297 000 ton die grootste in die Suidelike halfrond .
SENWES Scenario • FEB / MRT 2017 13