Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Page 12

••••
NUUS

Westfert Koepel troon uit in Hoopstad

Grootste alleenstaande struktuur in die Suidelike Halfrond

10
PRODUSENTE WAT DEUR DIE VRYSTAAT REIS HET DALK AL DIE ENORME WIT STRUKTUUR VAN DIE WESTFERT KOEPEL NET BUITE HOOPSTAD GESIEN . DIE MASSIEWE KUNSMISSTOOR IS MEER AS 10 KM VER SIGBAAR .
AUBREY KRUGER

Tydens Senwes Scenario se besoek het eienaar Pieter Burger en sy vrou Marietjie , wat die bemarking hanteer , vertel dat die struktuur die einde is van ’ n meer as drie jaar lange proses . Die bouwerk wat in November 2015 begin is , sal na verwagting teen April 2017 voltooi word .

WESTFERT KOEPEL IN SYFERS Die enorme koepel is 174 m lank en 116 m breed , wat dit die grootste alleenstaande struktuur in die Suidelike Halfrond maak . Dit staan sowat 24 m of nagenoeg 9 verdiepings hoog . Om dit in ’ n produsent se perspektief te plaas , behels die Westfert Koepel sowat twee hektaar wat onder dak is en met ’ n kapasiteit van ten minste 180 000 ton word produsente werklikwaar vooropgestel .
ENORME VOORDELE VIR PRODUSENTE Voordele van die Westfert Koepel
FEB / MRT 2017 • SENWES Scenario
vir produsente is daar vele . Elke produsent kan nou sy eie behoefte spesifieke kunsmis laat meng . Kunsmis , asook verskillende grond stowwe kan nou ook op verskillende tye aangekoop word , en teen ’ n beter prys . Produsente spaar dan ook op arbeid , stoorspasie en versakkings koste .
Daarbenewens kan kunsmis ook in losmaat gemeng word en op die plaas verskaf word . Die koepel maak die ketting tussen die produsent en verskaffer nou nÓg korter .
Westfert self kan nou ook op die regte tye van die jaar vooruitaankope doen . Nog ’ n voordeel is meer beheerde lewe ring omdat hulle nie meer so direk afhanklik van skeepsvervoer is as in die verlede nie , wat beteken dat die raklewe van kunsmis ook verleng word . Dit alles stel hulle in staat om die beste diens aan die produsent te kan lewer en die beste kwaliteit kunsmis aan hulle te voorsien .
WAT MAAK DIE KOEPEL SO SPESIAAL Die Westfert Koepel is juis perfek geleë om produsente in veral die westelike mielieproduksiegebied te ondersteun .
Hier in die warm Vrystaat is die klimaat ook baie meer ideaal en nie vogtig soos by hawens nie , want die groot gevaar vir kunsmis is natuurlik water . Met die uitmuntende ventilasie in die gebou is die temperatuur tussen 6 en 9 grade koeler as buite , wat kunsmis se raklewe ook baie verbeter . Die gebou is ook spesifiek gebou met die Vrystaatse winde in gedagte . Die struktuur is basies soos ’ n vliegtuig se vlerk ontwerp , wat winde met ’ n spoed van tot 150 km / h kan hanteer .
TROTSE VERSKAFFERS AAN SENWES Westfert kunsmis , wat deur Vetrivier Boeredienste vervaardig word en al meer as 25 jaar in die kunsmisbedryf is , het ’ n baie hegte verhouding met Senwes wat al vir meer as 22 jaar strek . En nou gaan die diens net beter word . Die doelwit is juis om die standaardmengsels by alle Hinterland takke in Suid-Afrika beskikbaar te stel . Baie produsente is reeds Senwes klante en koop deur Senwes by Westfert .
NOG FEITE OOR DIE WESTFERT KOEPEL Die multimiljoenrandprojek het 22 ellelange boë wat oor die lengte van die gebou strek . Elke boog bestaan uit 10 dele . Interessant is dat meer as 100 vragte nodig was om die boë van Johannesburg na Hoopstad te vervoer omdat slegs twee dele op ’ n enkele vrag vervoer kon word .
Daar is ook amper 28 km se sink wat die dak en struktuur van die Westfert Koepel vorm , asook 8 kilometer pyp . Hierdie struktuur is voorwaar ’ n pragstuk en ’ n aanwins vir die landbousektor .
Vir meer inligting en kontakbesonderhede besoek die webwerf www . westfert . com .