Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Page 11

Nasie in Gesprek is orals !

NUUS
•••
•••••••

Die nuwe reeks van Nasie in Gesprek neem kykers op ’ n reis deur Suid-Afrika se pragtige platteland en die verskillende be drywe , eie aan elke betrokke streek , word ondersoek .

Tans word hierdie episodes op kykNET , BusinessDay TV en SowetoTV uitgesaai en volg die program die plaaslik vervaardigde produkte , vanaf die plaashek tot by ons elkeen se etenstafel .
Indien jy nie hierdie uitsen dings op televisie kan volg nie , besoek gerus Nasie in Gesprek se YouTubekanaal , webblad of toepassing . Elke episode word na sy televisie-uitsending op hierdie platforms gelaai .
Bly ook ingelig oor wanneer en waar jy meer van Nasie in Gesprek kan sien of lees deur hulle te volg op Twitter en Instagram , en te ‘ Like ’ op Facebook .
Ons sê ook baie geluk aan Arnold Bender van Bethlehem wat die gelukkige wenner van die iPad-kompetisie is . Hy stap weg met ’ n splinternuwe Apple iPad Air 2 en data vir 24 maande . Hierdie prys ter waarde van ongeveer R12 000 , is deur Nasie in Gesprek geborg sodat dit vir nog ’ n entoesias moontlik is om al die uitsendings tydens Nampo 2017 regstreeks op die Nasie in Gesprek toepassing te volg .
FACEBOOK @ nationinconversation
TWITTER @ nationconverse
INSTAGRAM @ nationconverse
WEBBLAD www . nasieingesprek . co . za
YOUTUBE http :// fwd2 . co / nationconverse
9

Die No . 1 Sonneblomtafel ! Voorraad NOU beskikbaar !

3 JAAR WAARBORG
( 018 ) 632 0362 Kantoor - ( 082 ) 333 1330 Francois - ( 082 ) 707 6051 Jonathan
Kontak asb u naaste Senwes Equipment-tak vir meer inligting .