Senwes Scenario Februarie / Maart 2016 | Page 6

••• •• ••• •• ALGEMEEN Tussentydse Resultate met Francois Strydom SENWES SCENARIO HET BY SENWES SE GROEP HOOF UITVOERENDE BEAMPTE, FRANCOIS STRYDOM, GAAN INLOER OM DIE INTERIM RESULTATE BREEDVOERIG TE BESPREEK. HOE LYK ONS RESULTATE? Die wins na belasting van R103 miljoen is 9.7% laer as die ooreenstemmende tydperk van verlede jaar. Die realiteit van laer volumes, ‘n 42% afname in die hoeveelheid graan ontvang, stel die 9.7% in perspektief. Strydom is van mening dat die balansstaat en kontantvloeistaat eintlik baie belangriker is as die inkomstestaat. “Dit dui die langer termyn gesondheid van die maatskappy aan.” HOEKOM WAS DIE AFNAMES NIE GROTER NIE? As mens na die 42% afname in graanvolumes kyk, was ons resultate veronderstel om met ‘n baie groter persentasie te daal. Hoekom het dit nie gebeur nie? Senwes word gekenmerk deur gestruktureerde en gedissiplineerde optrede. Dit word weerspieël in kostebeheer en effektiwiteitsverhoudings. Daarbenewens is die debiteureboek ook uiters nougeset bestuur. Die onder- 4 skeie besigheidseenhede kon steeds markaandeel handhaaf en party het selfs verbeter soos Grainlink Silobedryf, Senwes Credit en Senwes Equipment wat almal by uitstek markaandeel gehandhaaf het. FRANCOIS SE SIENING OOR REALITEIT Eerstens: “Moet nie die realiteit toedraai in mooi papier nie. As jy in besigheid is, kyk jy die realiteit vierkantig in die oë.” Tweedens is die houding waarmee jy