Senwes Scenario Februarie / Maart 2016 | Page 58

••• RUBR I E K MILANIE VOSLOO GELAPTE GELOOF FOTO: LEEF WEN DAAR IS GEEN HOPELOSE SITUASIE NIE, NET MENSE WAT HOOP VERLOOR HET MET ‘N SITUASIE, HET WILLIAM BARCLAY GESÊ. D is stofwolktyd in ons SA-landbou. Droë sandwinde het die plek ingeneem van groen spriete. Grondhervorming en plaasaanvalle bly maar loei-geluide om ons harte. En die mense wat deur ons boere gevoed moet word, word meer ... Ek dink nie God sou enigeen kwalik neem wat in dié tyd moedelose vrae vra nie. Ons Vader ken immers Sy kinders, verstaan ons eg menslikheid en weet presies hoe maklik omstandighede ons eie harte, ons menswees, verhoudings ... ons geloof ... kan beïnvloed. Hy was immers self eg méns. Tog bly God Gód. Ons moet Hom toelaat om God te wees en in die stille wete leef dat Hy – selfs in ballingskaptye – Sy volk in Sy hande vashou. Dat Hy juis sulke tye onsigbare genade oor sy mense vou. En dat Hy – op Sy tyd en Sy manier – weer uitkoms bring. Soos in die boek Jesaja, waar ons lees hoe Hy aan sy volk wat in gevangeneskap is, weer hoop gee: 56 Die Here het Sy volk jammer gekry. Die Here maak Jerusalem weer vry. Die Here wys vir die nasies hoe geweldig sterk Hy is ... Die Here self sal voor julle uitgaan. Hy sal julle van agter af beskerm. Jesaja 52:9b, 10, 11c. Miskien moet ons in stormwindtye weer toelaat dat die Gees opnuut deur ons waai. Hom vra om ons menslikheid met Sy Gees te vul sodat die vl [H