Senwes Scenario Februarie / Maart 2016 | Page 57

KO MPE T ISIE S      Let daarop om gras slegs drie maal per week vir ‘n lang tydperk nat te maak om die wortels dieper te laat groei vir warm tye. Moet ook nie die gras te kort sny nie. Dit kan bruin kolle veroorsaak weens die hitte. Kompos/geswete kraalmis kan ook in die tuin ingewerk word om die tekstuur van die grond te verbeter en die plante ‘n hupstoot te gee. Steriele kompos is veral belangrik by nuwe saailingaanplantings en Culterra se produkte word sterk aanbeveel. Waterwys plante word al hoe meer die tendens, veral in plekke met waterbeperkings. Oorweeg saailinge soos portulaca en gazania in warm dele van die tuin. Verder is daar ‘n groot verskeidenheid aalwyne, vygies en grondbedekkers sowel as aksentplante om mee rond te speel. Indien water nie ‘n probleem is nie kan ‘n lushof van varings en krismisrose in koelte-areas floreer. Die violas en pansies wat op pad is gee kitskleur in die tuin en ‘n groot verskeidenheid is beskikbaar in tuinsentrums teen einde Maart. ‘n Deklaag word winter en somer aanbeveel aangesien dit waterverlies beperk, onkruid in die tuin verminder en plante se wortels beskerm teen koue. Plant vlasse en ornamentele grasse om loofkleur in die tuin in te bring en fokus op geharde plante om winterskade te vermy. Gevoelige plante vertoon goed, maar moet gereeld vervang word ná uiterse koue winters. Gaan maak gerus ‘n draai by jou gunsteling tuinsentrum en verfraai jou tuin met ‘n groot verskeidenheid blomplante wat nou weer ‘n tweede asem skep! carl fourie – eden garden centre, klerksdorp. ••• VANAF die ouderdom van 40 het ons addisionele produkte nodig om ons vel se fermheid en elastisiteit te verbeter. Die funksie van die LIQUID FACE LIFTING SERUM, wat geskik is vir alle veltipes en wat jy kan kombineer met enige HANNON vogroom, is tweeledig. Eerstens penetreer dit tot binne die vel se basale laag, waar dit kollageenproduksie tot topspoed versnel. Tweedens vorm dit ‘n beskermingslagie soos ‘n tweede vel bo-oor jou vel. Jy sal voel hoe dit binne ‘n paar sekondes styftrek en jy sal sien hoe die vel opmerklik gladder vertoon. Sommige mense ervaar ‘n effense warm sensasie soos die aktiewe bestanddele begin werk. Jy kan jou vogroom aanwend terwyl die serum droog word. Drie tot vier pompies hiervan is oorgenoeg vir die hele gesig en nek. Indien dit skilfer, moet jy weet jy het te veel aangewend. Hierdie serum is ideaal vir elke dag se gebruik en jy kan dit ook saans voor jou nagroom aanwend. SMS Senwes, Hannon en jou naam, telefoonnommer en e-posadres na 31022 voor 31 Maart 2016 om ‘n kans te staan om een van twee geskenkpakke Liquid Face Lifting Serum ter waarde van R620 elk te wen. Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van Senwes mag deelneem nie. Vir die volledige kompetisiereëls, besoek die webtuiste www.senwes.co.za. Die wenners van die vorige uitgawe (Desember 2015/ Januarie 2016): Bernina: Henriette van Zyl van Hoopstad. Snappy Chef: Lida van Coller van Parys. Hannon: Cornelia Heyns van Clocolan, Heléne Meiring van Bethlehem. CUM: Toetie Reynders van Virginia. BAIE GELUK! 55