•••
T O E KO MSF O K US
JENNY MATHEWS
Wees gefokus op geleenthede
– Die Vierde Industriële Revolusie!
I
n ’n poging om bietjie af te
koel tydens die onlangse hittegolf, het ek dikwels die gordyne
voor my vensters, waardeur ek
gewoonlik die sonlig en vars groen
en wit van my tuin, gevul met
Iceberg-rose, toegetrek. Die donker kamer het verligting gebring
vir die genadelose son - dit het
ook meegebring dat ek nie die
verskroeide tuin, waar die gras en
blomme die styd om oorlewing
dag na dag verloor het, kon sien
nie. Dit het my herinner aan
’n preek van ek jare gelede. Die
pastoor het vertel dat meeste
mense geneig is om ‘die gordyne
toe te trek’ in moeilike tye. Ons
verkies dit om te hiberneer en in
stilte te bly, eerder as om uit te
gaan, iets anders te doen of om
hulp te soek. Die probleem is
dat wanneer ons onsself in ons
privaat spasie bevind, lyk dit of die
probleem groei, omstandighede
lyk benard en sommer gou bevind
ons onself in ’n nagmerrie, alleen,
omdat ons nie wil uitreik nie. En
in dié spasie is dit moeilik om helder te dink of om positief oor die
toekoms te wees.
Aan die begin van elke nuwe
jaar luister ek graag na wat toekomsgerigte kenners te sê het
oor wêreldsake. Gedurende
Januarie 2016 was die gesprekke by the Wêreld Ekonomiese
Forum (WEF) in Davos gefokus
op die onderwerp “Hoe om die
Vierde Industriële Revolusie te
bemeester”. Dit was interessant
om te lees wat die 2006 wenner
van die Nobel Gedenkprys in
Ekonomiese Wetenskappe te
sê het oor die vreemde konsep.
Professor Edmund Phelps sê dat
die ekonomie nie ’n masjien is
wat die beste moontlike prestasie
moet lewer nie - eerder: ‘’n funksionerende, moderne ekonomie
is ’n lewende organisme wat
bestaan uit al die individue wat
daaraan deelneem. Hulle inisiatiewe spruit uit ’n ryk verbeelding, aangespoor deur waardes
en onderskraag deur hul persoonlike kennis’. Dit is presies
waarom ons nie die gordyne moet
toetrek en die lig moet uithou
nie. Ons moet na buite kyk om te
soek na hoop en om geleenthede
te benut!
Klaus Schwab, Stigter en
Uitvoerende Voorsitter van die
WEF, het by die Januarie 2016
vergadering in Davos uitgebrei op
die verwagte ‘revolusie’. Hy het
gesê dat ons op die randjie van ’n
tegnologiese revolusie staan, wat
die wyse waarop ons leef, werk en
met mekaar skakel, fundamenteel sal verander. Ten opsigte van
skaal, omvang en kompleksiteit
sal die transformasie anders wees
as enigiets wat die mensdom ooit
ervaar het. Die Eerste Industriële
Revolusie het water en stoomkrag
gebruik en die eerste meganiese
produksieprosesse geloods; die
Tweede het elektrisiteit gebruik
vir massaproduksie. Die Derde
het eletronika en inligtingsteg-
nologie gebruik en produksielyne
geoutomatiseer en die Vierde bou
nou voort op die Derde in die vorm
van ’n digitale revolusie wat gekenmerk word deur ’n samesmelting
van tegnologieë. Miljarde mense het
kontak met mekaar deur mobiele
toestelle met verwerkingsvermoëns,
bergingskapasiteit en toegang tot
kennis. Schwab glo dat ‘die Vierde
Industriële Revolusie die potensiaal
het om vlakke van inkomste wêreldwyd te verhoog en die lewenskwaliteit van mense regoor die wêreld
te verbeter’. Hy erken dat dit groter
ongelykheid tot gevolg kan hê en
dat toegang tot tegnologie en die
vaardigheid om dit te gebruik,
geleenthede sal beïnvloed. Hy glo
dat talent, eerder as kapitaal, in die
toekoms ’n kritiese faktor sal wees.
As ons die gordyne sou toetrek,
kan ons moontlik geleenthede mis.
Ons moet kennis nastreef en ons
horisonne verbreed, soos dit ook
in Jesaja 54 v. 2: ‘Maak die plek
van jou tent wyd, en laat hulle
die doeke van jou tentwonings
oopspan. Verhinder dit nie. Maak
jou lyne lank en slaan jou penne
styf in.’ Ons moet meer kreatiewer,
dapperder en slimmer wees in die
proses waar ons onsself losmaak
van ou manier van doen en nuwe
moontlikhede ondersoek.
Die Vierde Industriële Revolusie
‘reflekteer die toenemend onduidelike grense tussen mens en masjien’ en sal die fondasie van ons
gemeenskap affekteer, van ekonomiese groei, onderwys, finansiële
stelsels, wêreldhandel tot gesondheid, armoede en veel meer. By die
Algemene Jaarvergadering van die
WEF in Davos in Januarie het Miki
SENWES Scenario • Feb/Mrt 2016
51