Senwes Scenario Februarie / Maart 2016 | Page 46

••• HAND E LSN U U S Senwes en Hinterland samel water in vir droogtegeteisterde gebiede DIE ERGSTE DROOGTE SEDERT DIE 1980'S WORD TANS IN SUID-AFRIKA ERVAAR EN WATERTEKORTE WORD DEUR BAIE LANDBOUGEMEENSKAPPE ERVAAR. SOMMIGE DORPE SE DRINKWATER HET SELFS HEELTEMAL OPGEDROOG. S enwes en Hinterland het dus veldtogte geloods om drinkwater in te samel en te versprei na gebiede wat deur die droogte geaffekteer word. SENWES Senwes personeel het begin om water te skenk en af te lewer by Senwes hoofkantoor in Klerksdorp, wat dit gedurende die eerste twee weke van die veldtog na Brandfort en Welkom om ge geneem ene neem m het. Gedurende die d derde erdee w er week eekk ee in Januarie het Winburg ook baie welkome water ontvang. Volgens Roelien Moolman sal water elke week na ’n ander gebied waar daar nood is, geneem word. Die organiseerders wil graag alle werknemers wat water geskenk het bedank en wil in besonder die Graanverkrygingsafdeling bedank vir die logistieke reëlings. Meer as 250 liter water word weekliks deur personeel geskenk. BELANGRIK! Neem enige hoeveelheid verseëlde bottels water na vlak K1 by die Senwes hoofkantoor in Klerksdorp en merk die bottels duidelik met DW om aan te dui dat dit drinkwater is. Navrae kan gerig word aan Roelien Moolman by 018 464 7517 of e-pos haar by [email protected]. HINTERLAND Hinterland het intussen ook hul eie inisiatief ggeloods en samel oo ok water wate wa ter in in vvir irr d ie SSenekal ie en enek nek ekal kal al ggee eook die meenskap, waar Hinterland ’n Afgri Town & Country tak het. Drinkwater sal na die Senekal tak gestuur word, wat dit weer in die gemeenskap sal versprei waar daar nood is. HOE WERK DIT? Neem enige aantal liters gebottelde water na jou naaste Hinterland tak. Die bottels moet verseël wees om te verseker dat minderwaardige (kraan of ander) water nie vir menslike verbruik aangewend word nie - dit kan tot siektes aanleiding gee. Lewer asseblief u skenking af by u naaste Hinterland tak. Dit sal na die Senekal tak geneem word en in die gemeenskap versprei word. Baie dankie dat u hierdie verdienstelike inisiatief ondersteun. Navrae kan gerig word aan Earl Smiles by 018 462 8533 of e-pos hom by [email protected]. Jonas Elias (Willemsrus Silo), James Mabote (Winburg Silo), Martin Mkhefa (Brandfort Silo) en die drywer by Winburg Silo, Daniel Nkaki, by water wat aan droogte geteisterde gebiede geskenk is. 44 Feb/Mrt 2016 • SEN SENWES SE S ENW EN WES WE ES S ES Sc Scenario c ena en en na a rrio riio o