D RUPPE L S O P D IE DA K
'n Vergelyking tussen die 1991/92 en die 2015/16-seisoene en die langtermynreënval in die tradisionele Senwes gebied.
Die kaart dui die kumulatiewe reënval vir hierdie seisoen as ’n
persentasie van die lang termyn aan. Daar is met die skryf van die
artikel geen gebied wat meer as die langtermyn kumulatiewe reënval tot
die 22ste Januarie ontvang het nie. Daar is egter klein kolletjies binne
die gebied wat goeie reën ontvang het. Die sentraal westelike gedeelte
van die tradisionele Senwes gebied het minder as 30 % van die langtermynreënval ontvang. Van die distrikte kon nie eers 10% van die langtermynmielie-oppervlakte aanplant nie.
seetemperature is besig om af
te neem, wat aandui dat die El
Niño-episode besig is om hom
uit te woed. ’n Bekommernis is
dat die SOI-waarde besig is om
verder te daal, -21 tans, wat daartoe aanleiding kan gee dat die El
Niño-episode stadiger aan die
verbygaan is as wat ons hoop.
OPSOMMING EN
GEVOLGTREKKING:
Die eerste helfte van die 2015/16
seisoen het nie baie positief
verloop nie. Nieteenstaande
voorspellings van verskeie meteorologiese verenigings dat ’n
uiters droë en baie warm eerste
gedeelte van die somerseisoen vir
die westelike gedeelte van SuidAfrika voorlê, het ons gehoop
dat ons dit gespaar sou wees. In
die meeste gebiede kon daar nie
geplant word wat beplan was nie.
Die grootste afwyking in die oppervlakte mielies wat beplan was
om geplant te word en wat toe
wel geplant is, het voorgekom
•••
’N VERGELYKING TUSSEN
DIE 1991/92 SEISOEN EN
HIERDIE SEISOEN:
Die 1991/92 seisoen is bekend
as die swakste seisoen in terme
van reënval die afgelope eeu.
Uiters swak mielieopbrengste
het gerealiseer, soos die gemiddelde 0,55 ton/ha in die Senwes
gebied en gemiddelde 0.72 ton/
ha vir Suid-Afrika as geheel. Die
1991/92 seisoen se totale reënval
was 301 mm vir die hele seisoen.
Die kumulatiewe seisoensreënval, dit is vanaf 1 Julie tot 22
Januarie 1992, was 228 mm vir
die 1991/92 seisoen, terwyl dit
vir hierdie seisoen 186 mm is.
Hierdie seisoen se voorseisoen
is dus nog droër as die droogste
seisoen wat ons in 100 jaar beleef
het. Dit is waarom die produsente normaal kon aanplant
in die 1991/92 seisoen, maar die
gewasse het toe verdroog. Hierdie seisoen kon verskeie distrikte
amper geen mielies aanplant nie.
Wat ons wel moed gee is dat
gedurende die 1991/92 seisoen,
die reën vanaf Desember 1991
begin afneem het, terwyl die
reënval sedert Desember 2015
begin toeneem het. Onderstaande grafiek dui die twee vermelde
seisoene se verloop aan, asook
die langtermynverloop van die
seisoene.
sedert 1926, toe begin is met die
redelike akkurate dokumentering
van oppervlaktes aangeplant in
Suid-Afrika. Ver onder gemiddelde reën het sover vir die eerste
gedeelte van die seisoen voorgekom. Dit het sedert 10 Januarie
redelik algemeen begin reën en
kon produsente veral sonneblom
begin aanplant. Ons vertrou dat
die goeie reën die res van die
seisoen sal voortduur.
SENWES Scenario • Feb/Mrt 2016
41