Senwes Scenario Februarie / Maart 2016 | Page 40

••• RUBR I E K Tabel 3. Die berekende invoerbehoefte van geelmielies. Tabel 4. Die berekende invoerbehoefte van wit- en geelmielies. Voorraadvlakke van wit- en geelmielies: Die berekende oordragvlakke van witmielies verskyn in die tabelle hierbo na aanleiding van die nuutste oesskatting deur die Nasionale Oesskattingskomitee. Die National Agricultural Marketing Council publiseer die amptelike vraag- en aanbodsyfers in Suid-Afrika maandeliks. Die verslag is eers op 29 Januarie vrygestel. Die NOK se witmielie-oppervlakteskatting het uitgekom op ongeveer 180,000 hektaar meer witmielies as wat die mark verwag het. Die vraag is hoeveel van die mielies vir veevoerdoeleindes of vir stroopdoeleindes geplant is. Dit bring mee dat die berekende invoere heelwat laer is en tans op net meer as een miljoen ton geskat word. Oor die kort termyn sal dit wel afwaartse druk op die prys 38 plaas, terwyl die verwagting is dat die prys op die berekende invoerpariteit sal stabiliseer. Die berekende invoerbehoefte van geelmielies na aanleiding van die nuutste oesskatting, is in die omgewing van 2,5 miljoen ton. Dit was nie so ‘n groot verassing nie en was die prysbeweging op Safex redelik gering. Indien na die berekende invoerbehoefte van wit- en geelmielies gekyk word, is dit duidelik dat ‘n groot hoeveelheid mielies wel hierdie komende bemarkingsjaar ingevoer moet word. OLIESADEKOMPLEKS: Sonneblom: Die algemene gevoel is dat die NOK se sonneblomskatting baie konserwatief is. Daar word tans teen ‘n hewige tempo sonneblom in die Wes-Vrystaat en westelike Feb/Mrt 2016 • SENWES Scenario gedeelte van Noordwes geplant. Soos deur die betrokke gebied gereis word, word trekkers met planters oral waargeneem, wat hoofsaaklik sonneblom aanplant. Ons moet onthou dat daar baie produsente is wat glad nie mielies kon aanplant nie en hulle plant dus noodgedwonge sonneblom om net ‘n kontantvloei te verseker. Die gevoel is dat die sonneblomaanplantings aansienlik hoër kan wees as wat die NOK in sy eerste produksieskatting aangedui het. Dit kan druk op die sonneblomprys plaas. Ingevoerde sonneblom, sonneblomolie en sonneblomoliekoek is tans redelik duur as gevolg van die skaarsheid daarvan en die verswakte rand. Dit ondersteun weer die sonneblomprys aan die ander kant. Sojabone: Die sojaboonaanplantings en verwagte produksie is soveel kleiner as gevolg van die droogte, dat invoere onafwendbaar is. Dit sal die sojaboonprys ondersteun en sal die prys in die omgewing van die berekende invoerpariteit laat verhandel. Soos uit ondervinding geleer, is daar wel stroopdruk vanaf Februarie jaarliks tot Mei, waarna die sojaboonprys weer herstel. OPSOMMING EN GEVOLGTREKKING: Die droogte hierdie seisoen en verswakte rand het kommoditeitspryse in die algemeen baie sterk ondersteun. Aan die anderkant het die Nasionale Oesskattingskomitee die oesskatting met een maand vervroeg, terwyl die grootste deel van die Suid-Afrikaanse someroes baie laat vanjaar aangeplant is. Dit vergroot tans die onsekerheid van wat die finale somergraanoes gaan wees. Daar kan nog baie water in die see loop en kommoditeitspryse kan wel vir die afsienbare tyd tot ‘n redelike mate ondersteun word weens die onsekerheid.