Senwes Scenario Februarie / Maart 2016 | Page 4

••• REDA K TE U R SBR I EF HOU MOED IN D aar is baie woorde om produsente te beskryf, en moed is een wat beslis uitstaan. ‘n Woord wat veral die laaste tyd al hoe meer opduik. Dit is duidelik dat 2016 ‘n waterskeidingsjaar gaan wees. Ons het die jaar tegemoet gegaan op die rug van die ergste droogte in 100 jaar, hittegolwe en dan ook stofstorms wat beslis die oë laat rek het. Moed is beslis nodig om die wa deur die drif te trek. Met syfers wat verseker nie kan jok nie, was daar die laaste sewe maande gemiddeld 35% minder reënval in die Senwes gebied as die vorige jaar, met ‘n gemiddeld van 208 mm vanaf 1 Julie 2015 tot 26 Januarie 2016 teenoor die 319 mm tydens die ooreenstemmende tydperk die vorige jaar. Maar waar kry mens moed? Die Bybelse raad is Josua 1:9 - “Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.” Senwes Groep Hoof Uitvoerende Beampte, Francois Strydom, ontleed die tussentydse resultate en dui vir ons die beste moontlike pad aan. Ons gaan die jaar in as ‘n familie met hernieude geloof na al die biddae vir reën en bystand en al die voer-, water- en finansiële aksies om ons produsente te ondersteun. Die droogte word meer breedvoerig bespreek in Thys Grobbelaar se Graanmarkvooruitsigte en Druppels op die Dak. Om voort te gaan en deur 2 HOOFREDAKTEUR Marlon Abrahams Tel: 018 464 7349 [email protected] REDAKTEUR Aubrey Kruger Tel: 018 464 7449 [email protected] te druk verg mos ook moed. Ons fokus in die uitgawe op Kroonstad, wat volg op Hartswater, Ventersdorp en Hoopstad. Volgens ingeligtes in die streek gaan ons verseker bymekaar moet staan. Hierdie maand se kollig val nie net op een produsent nie, maar op die drie Crous broers van Kroonstad, wat eersdaags hulle ee